Deur JOHAN NORVAL
29 April 2012

681 keer gelees | 3 kommentaar

Dis kommerwekkend dat ’n kwessie, soos grondhervorming, op die werking van ’n wanfunksionele departement en sy minister berus, sê mnr. Louw Steytler.


Dis kommerwekkend dat ’n kwessie, soos grondhervorming, op die werking van ’n wanfunksionele departement en sy minister berus, sê mnr. Louw Steytler, voorsitter van Vrystaat Landbou en van Graan SA.

Steytler het op Vrystaat Landbou se jongboerkonferensie in Bloemfontein gesê dit is ’n kwade dag wanneer redelike mense toelaat dat elemente die land se ordelikheid omverwerp en Suid-Afrika se ekonomiese oorlewing in die gedrang bring.

“Ons staan nie onverskillig teenoor die land se armes wat daagliks in ’n oorlewingstryd is nie. Die georganiseerde landbou streef egter na ordelikheid in die heersende prosesse, soos ten opsigte van grondhervorming,” het Steytler gesê.

Redelike mense
Hy sê dit is bemoedigend dat die meeste van die regerende ANC se uitvoerende komitee uit redelike mense bestaan. Die kommerwekkende deel is egter dat ’n kwessie, soos grondhervorming, op die werking van ’n wanfunksionele departement en sy minister berus.

Steytler is optimisties oor moontlike beleidsveranderinge wat sal meehelp dat die land se biobrandstofbedryf aan die gang kan kom.

Hy het gemeenskappe langs die Vrystaatse grens met Lesotho verseker dat Vrystaat Landbou sal toesien dat die beginsels van die Grondwet toegepas sal word om hul veiligheid te verseker.

In die jongste wending oor die regsgeding om die Regering te dwing om sy plig teenoor burgers na te kom, het Vrystaat Landbou die staat ’n verdere vergunning van 60 dae toegestaan om ’n volhoubare plan vir die beveiliging van landelike gemeenskappe in die Oos-Vrystaat in werking te stel.

29 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoekerJozua Potgieter

2012/05/01 10:45:41 AM

Desperaat wil iemand my plaas koop 500Ha 4miljoen ranmd .Ek is oppad Australie toe na my verloofde en haar dogtertjie van 7 hulle wag vir my Tel-0765632592


Onbekende besoeker

2012/05/01 10:38:38 AM

Ek wil my plaas van 500 ha verkoop maar niemand stel belang nie As ek na die regering toe gaan het hulle nie geld nie.As ek privaat ouens toe gaan se hulle dis te duur Kan jy vandag nog n prys sit op grond Daar is so baie grondlose mense in suid Afrika


Onbekende besoeker

2012/04/30 12:40:31 PM

Ek is wellington Breakfast wil alles weet hoe om groente saai en uitplant

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights