24 Augustus 2012

1311 keer gelees | 3 kommentaar

’n Oud-LUR van landbou in Noordwes het skuldig gepleit op ’n klag van dieremishandeling ná ’n kuikendebakel in 2009.


Mnr. Jan Serfontein het in sy hoedanigheid as die direkteur van die maatskappy OTY Square Trading (ten tyde van die oortreding) skuld bekend op ’n aanklag van dieremishandeling.

’n Storm het in 2009 rondom dié oud-LUR vir landbou in Noordwes se kop losgebars toe beeldmateriaal van kuikens wat in ’n sementdam gelaat word om te vrek, aan die televisieprogram Carte Blanché verskaf is.
 
Luidens ’n verklaring sê die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) die nuutgebore kuikens is glo in die dam op die Boskop Layer-hoenderplaas buite Potchefstroom gelaat om van honger, dors of weens weerstoestande te vrek. Serfontein het op 21 Augustus vanjaar in die plaaslike landdroshof skuld beken op dié aanklag asook twee aanklagte van omgewingsverwante oortredings.
 
Boetes
Vir die klag van dieremishandeling is Serfontein ’n boete van R1 000 opgelê, wat opgeskort is vir drie jaar. Hy is ook beveel om binne 10 dae vanaf die vonnisoplegging ’n boete van R5 000 aan die DBV te betaal.
 
Ten opsigte van die oortredings van die Nasionale Omgewingsbestuurswet is Serfontein boetes van R80 000 en R10 000 elk opgelê, waarvan R40 000 van die eerste boete vir drie jaar opgeskort is. Die boete van R10 000 is vir dieselfde tydperk opgeskort.
 
“Dit beteken effektief ’n boete van R40 000 en ’n bedrag van R5 000 betaalbaar aan die NDBV,” lui die verklaring.
 
Ontevrede
Die NDBV maak sy ontevredenheid met die vonnis duidelik in die verklaring. “Die NDBV spreek sy ernstige kommer en absolute afgryse uit dat dit deur dié vonnisoplegging blyk dat die misbruik van lewende wesens as ’n lae voorrangsaak beskou word.”
 
Dié stelling is gegrond op die lae boete vir die mishandelingsklag in teenstelling met die omgewingsmisdaad.
 
“Namens die DBV regoor Suid-Afrika rig ons ’n versoek aan die Departement van Justisie om op te let na die sedes van die samelewing en dat wreedheid, verwaarloosing of mishandeling van diere as ’n misdaad teen die mensdom beskou moet word,” aldus die NDBV.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GW RAAD

2012/08/24 01:32:04 PM

OK nou wat van die swart plaas eienaars in die oos kaap wat toelaat dat bosluise hulle ore afvreet soos in die farmer's weekly gerapporteer is? waar is carte blance en die NDBV gespuis....


george gibbens

2012/08/25 09:47:17 AM

die feite is skryend foutief. u behoort onmiddellik 'n regstelling te plaas. alle klagtes teen mnr Serfontein, die voormalige LUR, is teruggetrek. die beweerde skuldigbevinding is ook foutief en buite konteks aangehaal.


Alani

2012/08/27 11:43:46 AM

Laat berig: Luidens ’n verklaring van Boskop Layer Chicks is al die aanklagte teen Serfontein geskrap, terwyl City Square Trading (PTY) Ltd op drie klagte skuldig bevind is. Die maatskappy sê dat behoorlike rehabilitasie van die area waar die stroting plaasgevind het, gedoen is, én dat dit die Departement van Omgewingsake en die onafhanklike konsultant wat aangestel is om dit te hanteer, daarmee tevrede is.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights