Nuus

  • Oosterse markte wag vir vleis

    Louw Pretorius

    Markte vir Suid-Afrikaanse beesvleis in Saoedi-Arabië en Singapoer is weer toeganklik na dit weens die bek-en-klou uitbraak in die Republiek vir ‘n lang tyd gesluit was. Die probleem is egter dat graad C-karkasse wat in dié markte goed vaar, feitlik onbekombaar is. Uiteraard styg pryse vir die graad ook baie vinnig – dit is nou reeds R14/kg karkasgewig.

  • Duur mielies knou volstruisbedryf

    Theuns Botha

    Die hoë mieliepryse is besig om die volstruisbedryf ‘n ernstige knou toe te dien, sê mnr. Stefan Maree, voorsitter van Suid-Afrikaanse Volstruisprodusentevereniging. Hy het sy stem gevoeg by woordvoerders van die pluimvee- en varkbedryf, wat onlangs hul kommer in dié verband uitgespreek het.

  • Regering beplan nie groter markbeheer

    Nico Van Burick

    Die Departement van Landbou het die versekering gegee dat daar geen planne vir statutêre ingryping in die vrye mark is nie en dat daar "geen eensydige verandering in beleid of wetgewing sal wees sonder deeglike oorlegpleging met alle belangegroepe nie".

  • Landboulex hou nog vergaderings

    Jan Cilliers

    Landboulex gaan nog twee inligtingsvergaderings vir aandeelhouers van Senwes hou in sy poging om genoeg volmagstemme te verkry vir die uitstem van die huidige direksie van Senwes.

  • Groot tekort aan dro

    Charl Van Rooyen

    ‘n Drastiese tekort aan droëbone dreig binne ‘n paar weke in Suid-Afrika weens minder aanplantings en groter uitvoer.

  • Werkers dakloos n

    Jan Cilliers

    Brandskade van meer as R32 miljoen is op plase in Mpumalanga aangerig deur talle wegholbrande verlede week. In twee van die 18 brande wat gewoed het, word brandstigting vermoed. Twee mense is dood, waaronder ‘n dertienjarige meisie, en 32 beseer.

  • Melkbedrie

    Jan Cilliers

    Verskeie mense en instansies wat melk "vervals", soos om water daarby te voeg en as melk te verkoop, word tans vervolg.

  • Elsenburg kraai koning by rugbyweek

    Deur LBW

    Elsenburg Landboukollege se rugbyspan het
    vanjaar se Pannaar Saad Landboukollege Rugbyweek wat van 28 Junie tot 5 Julie by
    die Landboukollege Potchefstroom gehou is. Hulle het die gashere 13-7
    geklop.

  • Woltoetskoste duurder

    Deur LBW

    Die Woltoetsburo SA het bekend gemaak dat die toetsfooie vir wol van 1 Julie met 14,6 % verhoog word tot 20,4c/kg. Die koste vir die sertifisering van stapellengte en sterkte bly egter onveranderd.

  • Bully waarsku oor wit mielies

    Jan Cilliers

    Dit wil voorkom of Suid-Afrika se mielieboere vanjaar baie meer wit as geel mielies gaan plant weens die hoë pryse wat tans vir wit mielies betaal word. Dit kan boere wat net agter die hoë pryse aan plant, baie duur te staan kom. Só waarsku mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan SA.