deur ALANI JANEKE
8 Oktober 2012

1676 keer gelees | 0 kommentaar

’n Plaasaanval in Mpumalanga is afgeweer, terwyl een van die vermeende rowers gewond is.


Die ongewone blaf van mnr. Willem Cloete en sy swanger vrou, Elsje, se boerboelkruistipe hond het dié egpaar van ’n gewisse plaasaanval en moontlik die dood gered. Die egpaar, wat albei 28 jaar oud is, woon naby Middelburg en het omstreeks 22:00 Vrydagaand, 5 Oktober 2012, in die bed gelê toe die hond ongewone tjank- en blafgeluide gemaak het. Ander honde op die plaas het ook geblaf.

Luidens ’n berig in Beeld het Cloete gaan ondersoek instel en ’n skaduwee oor hul plaaswerf op die plaas Leeupoortjie sien beweeg. Hy het na ’n ander vertrek beweeg, en die rook van ’n vuur wat by die hoek van die huis gemaak is, geruik.

“Ek het my vuurwapen reg gehou en die buurman op my selfoon laat weet hulle moet kom,” vertel Cloete.

Skermutseling het ontstaan
Die 28-jarige mnr. Hansie van Rensburg en sy 57-jarige pa, Johan, het hulle na die Cloetes gehaas. Die aanvallers het in verskillende rigtings beweeg toe hulle die Van Rensburgs se bakkie hoor aankom het. Hansie sê dit het eers gelyk of die mans hulle gaan oorgee, maar toe die Van Rensburgs naby hulle kom, het hulle op die bakkie begin skiet.

’n Skermutseling het ontstaan en Johan is in die been gewond, terwyl een van die rowers ook gewond is. Die gewonde rower het glo aanhou skiet van waar hy gesit het, maar het homself later oorgegee. Die ander het weggehardloop.

Volgens die berig het die Polisie glo meer as ’n uur later eers op die toneel opgedaag. Die wil voorkom of die aanval goed beplan is, met plastieksakke wat aan heinings aangebring is vir “aanwysings.” Die groep het vermoedelik ook moetie op die erf gebrand.

Johan is reeds uit die hospitaal ontslaan, terwyl die gewonde rower steeds in die hospitaal is. Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om lt.kol. Mokgobodi Mogajane by 082 556 5806 te skakel.

Bron: Beeld


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights