Deur ALANI JANEKE
28 Mei 2012

3071 keer gelees | 8 kommentaar

As die doodstraf nie in Suid-Afrika afgeskaf is nie, sou ’n regter twee plaasaanvallers op Ermelo ’n galgdood opgelê het, sê die TLU SA.


As die doodstraf nie in Suid-Afrika afgeskaf is nie, sou ’n regter twee plaasaanvallers op Ermelo ’n galgdood opgelê het, sê die TLU SA.

Mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van die TLU SA se oos-streek, sê regter Sam Hallet het hom op 24 Mei 2012 ernstig uitgespreek teen die plaasaanvalle en -moorde wat landelike gemeenskappe bedreig.

“Hallet het gesê plaasaanvalle en -moorde het so algemeen geword dat mense hulle nie juis meer daaraan steur nie en dat dit tyd is dat ’n hof ’n streep trek deur die swaarste moontlike straf op te lê,” vertel Geldenhuys.

Hallet het Piet en Rita Botes, van die distrik Davel, se aanvallers elk ’n vonnis van 35 jaar tronkstraf opgelê. Die mans mag eers nadat 23 jaar van hul vonnis voltooi is, om parool aansoek doen. Die egpaar se kinders moet dan ook by die paroolverhoor betrokke wees.

Die aanval
Geldenhuys sê die bejaarde egpaar is op 12 November 2011 wreed aangeval en geroof. Die 73-jarige Rita is eerste aangeval terwyl Piet besig was om vee oor die pad te jaag. Met die 76-jarige Piet se tuiskoms, het hy uit sy bakkie geklim om ’n grassnyer wat die aanvallers in sy pad gestoot het, te skuif. Hy is toe deur die twee mans aangeval.

Die egpaar het erge beserings in die aanval opgedoen. Piet moes ’n operasie ondergaan om bloeding van sy brein te dreineer ná die aanval. Hy het intussen ook ’n beroerte gehad en het amper sy een been weens ’n bloedklont verloor. Geldenhuys sê volgens Piet se dokter kan dié gebeure aan die aanval toegeskryf word.

Die egpaar hospitaalrekeninge beloop tans meer as R100 000. Geldenhuys sê Botes – wat sy lewe lank al ’n boer is - het intussen ook aangedui dat hy die bedryf gaan verlaat.

28 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Ben van Niekerk

2012/05/29 07:48:35 PM

As ons wil saamstaan kort ons n organisasie wat voor vat, waar is AgriSa, ek dink hul praat net en doen nie iets nie. Die regering steur hulle net aan drastiese optrede.


Alani Janeke

2012/05/29 01:53:15 PM

Korreksie: mnr. Sam Hallet is 'n streeklanddros en nie 'n regter soos wat vroeër berig is nie.


John Skead

2012/05/29 12:44:17 PM

Nee wat, emmigreer is nie 'n opsie nie! As almal emmigreer wat gaan van die boere word? Maar as almal SAAMSTAAN (soos dit hoort), wat gaan dan gebeur?? Ja, genoeg is genoeg en mense is gatvol, maar hoekom weghol van die probleem af? Ek weet ons almal kan nie gelyk gaan plase op pas nie, maar as almal in hule eie omgewing begin, dink net watse verskil sal daar wees.


Fanie Grobbelaar

2012/05/29 09:59:57 AM

Baie dankie aan regter Sam Hallet. Gedult raak nou skraps.


Onbekende Besoeker

2012/05/28 08:03:33 PM

Elke dag probeer ek die onvermydelike uitstel, net sodat ek die volgende dag weer sulke snert moet lees. SNERT, want die blanke Suid Afrikaner word soos pes afgemaai, en almal bly net stil. En aanvaar net. Die onvermydelike, is my emigrasie. Dit is net 'n kwessie van papier werk afhandel, en ander odds and ends. Genoeg is genoeg. Ek wil nie ook so uitgaan nie. En vir wat? Ek wens elke dag dat die Voortrekkers of skoon gemaak het, of nooit hierheen gekom het nie.


Zelda Verster

2012/05/28 01:44:26 PM

Ek stem saam met regter Sam Hallet! Genoeg is genoeg.. So kan dinge dood eenvoudig NIE voortgaan nie! Ons het nodig dat die doodstraf weer geimplimenteer en van krag word! Moord is moord en niemand is veronderstel om daarmee "weg" te kom nie. Die straf wat opgelé is is een van die bestes in jare! Dankie dat daar WEL nog sulke regters is wat nie net betaling ontvang net oor hulle KAN nie maar oor hulle regtig omgee vir reg en geregtigheid!


philip

2012/05/31 06:16:53 PM

As geen boer belasting betaal nie in protes van plaasaanvalle wat gaan die regering doen ek wil sien of hulle al die boere gaan arresteer ek dink nie so nie. Praat ja almal is moeg gepraat dis net jammer cosatu kry dinge reg in die land maar die blanke gemeenskap nie dis tyd dat ons ons trots in ons sakke steek en werklik iets omtrent die saak doen


Willie

2012/06/01 02:38:31 AM

Ons blankes word soos vliee doodgemaak.Van die tafel afgesmyt.Die groot probleem hier is die feit dat Zuma en sy trawante nie wil pa staan vir die moorde nie en dat Zuma te lamsakkig is om die doodstraf in te bring.Hy weet dan dat sy trawante hom sal uitstem of van kant gaan maak.So bly hy maar staan op sy "wit klip".Hande gevou en verroer nie n vinger nie.Verdien n klomp geld,BLOEDGELD.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights