10 Julie 2012

1491 keer gelees | 6 kommentaar

Twee plaasaanvalle, wat die naweek glo op plase naby Hoopstad en Wolmaranstad beplan is, is afgeweer.


Twee plaasaanvalle, wat die afgelope naweek tydens kerkdienste uitgevoer sou word, is deur die samewerking van die Polisie, boere en ’n beveiligingsmaatskappy afgeweer.

Mnr. Hannes de Jager, wat aan die stuur van ’n landelike beveiligingsmaatskappy is, het inligting gekry dat ’n aanval op mnr. Werner Weideman en sy gesin, wat in die distrik Hoopstad boer, beplan word.

Luidens ’n berig in Volksblad is beplanning om die aanvallers voor te lê, Saterdagnag (7 Julie 2012) gedoen. In dié sessie is verdere inligting ontvang dat die aanvallers glo besluit het om in twee groepe te verdeel en dat die tweede groep ’n plaas naby Wolmaranstad sou aanval.

’n Groot teenwoordigheid van boere en die Polisie het die aanval in Noordwes gekeer, maar die kans bestaan dat die aanvallers moontlik weer sal probeer.

Voorlê
Die aanval teen Weideman en sy gesin is beplan vir wanneer hulle Sondag (8 Julie 2012) van ’n kerkdiens sou terugkeer. De Jager het dié inligting aan mnr. Hennie Gerber van Vrystaat Landbou se intelligensie-afdeling oorgedra, waarna die boere en die Polisie betrek is.

Ná die Weidemans kerk toe is, is die plan in werking gestel en daar is op die aanvallers in die huis gewag. Hulle het egter onraad gemerk en op die vlug geslaan. Met behulp van Ao. Nic de Kock van die Polisie se spoorsnyers en sy span is twee van die verdagtes aangekeer. ’n Derde is gevang met behulp van ’n boer se private vliegtuig.

Klagtes teen die drie word tans geformuleer ná onder meer huisbraaktoerusting in hul besit gevind is.

Die Polisie van Bloemhof, Welkom en Bloemfontein, die intelligensie-afdeling van Vrystaat Landbou en sowat 30 boere van Hertzogville, Hoopstad en Bloemhof het saamgewerk om die aanvalle af te weer.

Bron: Volksblad


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Alett Bruwer

2012/07/10 11:44:25 AM

Ek kry hoendervleis!! In die eerste instansie behoort die informant wat die inligting deur gegee het aan die polisie vergoed te word dat die mense vandag nog leef!! Tweedens, ongelooflik hoe almal saam gewerk het!! Dis net so jammer dat nie alle boere so gelukkig is nie.


HENK COLYN

2012/07/10 12:14:29 PM

GOED GEDOEN MANNE,DIE INFORMANT MOET GOED BELOON WORD SODAT DIE WOORD KAN VERSPREI.


Olivier Kritzinger

2012/07/11 07:43:08 AM

Hoe gerusstellend sal dit wees as 'n groot deel van ons mense bereid is om om te gee soos daardie informant. Sulke mense behoort uit 'n fonds vergoed te word, want hoeveel tragedie en kosbare manure het hy gespaar. Dink maar wat kos hofsake ons Land a.g.v. diewe, moordenaars,verkragters en korrupte amptenary. Lojale mense is "vriende"!


Anton

2012/07/13 08:39:42 PM

" plaasaanvalle is gewone misdaad" het 'n belangrike man mos probeer gerusstel. Die aanalle was duidelik goed beplan. Wie waar wat was hulle agtergrond?????


Josef Strauss

2012/07/14 11:32:05 PM

Sulke informante moet beloon en beskerm word want hulle besef die waarde van boere wat produseer in die land. Welgedaan aan almal wat meegewerk het.


strauss590221

2012/07/14 11:48:38 PM

Die iformante moet goed beloon word en beskerm word, hy besef waar kom kos vandaan. Aan almal wat gehelp het mag Die Vader julle seen

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights