18 Maart 2011

2279 keer gelees | 6 kommentaar

Die polisie se onvermoë om misdaad te voorkom, het deels daartoe gelei dat plaasaanvalle in ’n paar maande met sowat 40% toegeneem het.


Die polisie se onvermoë om misdaad te voorkom, het deels daartoe gelei dat daar van Oktober 2010 tot Desember 2010’n toename van  sowat 40% in plaasmoorde was, reken Agri SA.

Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee, het volgens ’n berig in Beeld die vinger na die polisie gewys oor dié skokkende statistieke.

Botha beweer die polisie se misdaadintelligensiediens skiet tekort en dat te veel polisiebeamptes meer gepla is oor hul salaris as oor die werk wat hulle doen.

Hy sê ook dat daar ten spyte van goeie beleide en strategieë nie ’n genoegsame verbetering in misdaadstatistieke in landelike gebiede is nie.

Die uitwerking van misdaad is een van die belangrikste brandpunte waaraan Agri SA aandag gee. Volgens die organisasie beperk misdaad lewensgehalte en werkskepping in landelike gebiede.

Bron: Beeld
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Grensvegter

2011/03/21 10:32:55 PM

Die realiteite is dat dit baie makliker is om te vlug as om te veg. Niemand buite die land gaan ons help nie. Daar sal gesimpatiseer word of geleenthede in die buiteland geskep word, maar as ons nie onsself help nie, gaan niemand dit doen nie. Dit gaan ook net vererger, want daar word nie teruggeveg nie. Totdat daar nie 'n offensiewe strategie opgestel en geimplimenteer word nie, gaan dinge dieselfde bly of vererger. Die tyd kom vinnig nader waar ons gaan moet besluit of ons gaan veg of vlug.


Voornemende immegrerende Plaasboer

2011/03/21 06:35:33 PM

Frededick die internasionale gemeenskap en die VN sal luister en vir Jakob 'n email stuur om te vra dat hy dit moet veroordeel en dis al en dit is waar dit gaan bly. Ons is op ons eie. As ons nie moelikhied maak met trekkers en graan nie en die land destabiliseer nie gaan niemand luister nie!!


Adriana Stuijt

2011/03/20 09:55:13 PM

Dit is nie 'misdaad' nie. Dit is 'n volksmoord. Dit is hoekom die ANC altyd alles gedoen het om die beveiligsmeganismes van die Boere te verwyder, beginnende met die Kommandos. Nou is hulle glo besig om die ANC jeugliga op te lei as "Farm Guardians' op 'n plaas. Intussen wakker hulle nog steeds doelbewus volksmoord aan met hulle genosidiäle haatspraak SHOOT THE BOER, KILL THE BOER, en die jongste leuse, ONE BULLET ONE WHITE INFANT. Dis net jammer dat die slapjapies by Agri-SA te bang is om die waarheid te erken deur dit by die ware naam te noem: volksmoord. Die uithongering van die volk maak ook deel daarvanuit: deur die doelbewuste onthouding van enige moontlikheid vir die volk om 'n oorlewingsbestaan te maak: alle toegange tot die arbeidsmark word nou geweier. Bowendien kry die arm-blankes in hul kampies ook geen voedselhulp van die ANC nie. Hoeveel meer 'toevallighede' soos hierdie is nodig voordat Agri-SA wakker skrik?


Voornemende immegrerende Plaasboer

2011/03/20 09:43:03 PM

Dit lyk my nie ons ou volkie wil glo dat die politiek en polisie en misdadigers kop in een mus is nie. Die ANC praat al lankal van die dekonaliseering van Siud Afrika. As ons iets wil regkry sal ons moet doen wat die Braziliaane doen. En dit is om te betoog met trekkers vragmotors en graan op sleutel roetes en voor die parlement te dump. Elke keer as daar 'n plaas moord is. om sodoende die buiteland se aandag en die land onstabiel te kry. Dit sal hulle verplig om die kroon wild (Boere) se plase te patroleer en voorkomende inligting in te samelrakende beplande misdade. Maar nou kom ons by ons ou volkie en hulle leiers soos Kooperasie, besigheid georganiseerde landbou, solidariteit en dies meer. Ons leiers wat net moet se manne ons is nou gatvol nou maak ons moelikheid. Maar heellaas dit sal nie gebeur nie want ons ly aan ---Raai wat ("Normalcy bias") normaliteits sindroom. Selfs ons kinders dink dit moet maar so wees want in ander lande is daar ook CRIME!! wel ek is nog ses to agt maande hier. Dalk gebeur daar 'n wonderwerk!!!


Frederick Smith

2011/03/19 10:32:06 AM

Dis duidelik dat die regering stille goedkeuring gee aan die plaasmoorde en aanvalle,waarom vra Agri SA nie VN hulp aan om boere te beskerm nie.Tyd vir praat met regering is in my opinie tyd mors.Dis nou tyd vir Internasionale hulp.


Saaiboer

2011/03/18 02:30:20 PM

Die ANC dra meer skuld as die polisie. Is dit nie Desember dat die ANC aangedui het dat hulle Malhema gaan ondersteun om die liedjie waar hulle moorde op boere bepleit en goegkeur in die hof nie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights