Deur SUSAN BOTES
23 Februarie 2012

1722 keer gelees | 5 kommentaar

Die bekendstelling van die reservistebeleid wat met plaasveiliging kan help, het nou 'n voorrangsaak geword, sê Agri Gauteng.


Die bekendstelling van die reservistebeleid wat met plaasveiliging kan help, het 'n voorrangsaak geword, sê Agri Gauteng.

Mnr. Nathi Mthetwha, Minister van Veiligheid en Sekuriteit, moet die bekendstelling van die reservistebeleid 'n voorrangsaak maak. Só eis mnr. Dirk Hanekom, hoofbestuurder van Agri Gauteng. "Op die oomblik is daar verdeelheid tussen boere en die polisie en dié belemmer plaasbeveiliging."

Hanekom meen die reservistebeleid, tesame met die nodige hulpbronne vir reserviste, kan lei tot beter bekamping van plaasaanvalle.

"Gauteng se boeregemeenskap moet weekliks met afgryse hoor van nóg 'n plaasaanval, waarin 'n oom en tannie op die mees brutale manier geskend en vermoor is."

Hanekom sê plaasmoorde skeur families uitmekaar en ontwrig plaaswerkers, omdat hulle heenkome op plase bedreig word. "Plaasaanvalle neem toe, ongeag hoeveel energie die polisie aan misdaadvoorkoming bestee. Dit voorpel niks goeds vir voedselproduksie of -sekerheid vir Suid-Afrika nie."

Hanekom het ook uitgevaar oor die tekort aan betroubare statistiek oor plaasaanvalle. "Dit maak dit baie moeiliker om plaasgeweld doeltreffend te bestry."

23 Februarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoekerBen van Niekerk

2012/02/27 11:38:26 AM

Daar is nie n politieke wil om iets aan misdaad te doen nie. Ons op die platteland het lankal nie meer Telkom lyne nie, ons gebruik selfone om misddad te rapporteer en onbekwame mense atwoord en so hou jy aan tot n tweede of derde persoon bereid is om te help en as jy klaar jou klagte gele het begin dit van vooraf want nou soek hy eers sy skryfgoed. Ek woon in die Hartswater omgewing, ek sien geen misdaad voorkomings aksie nie. Statistieke wys misdaad is laer, want niemand van ons wil in die hof gaan staan nie, misdaad word eenvoudig nie aangemeld nie. As die SAPD nie gewone diefstalle kan hateer nie, hoe gaan dit gaan met erstige sake en dan skeur die advokate hulle uitmakaar in die hof. Kla jy by die bevelvoerder voel dit of hulle jou dan wil viktimiseer.


Pieter Venter

2012/02/25 01:35:42 AM

Dit sal nooit stop nie want die onderliggende haat vir die boer/blanke kom al oor eeue heen. Hoekom nou verander? Die regering/ANC dra ook die haat vir ons in hulle harte. Net ou Julius het darem die guts gehad om te sê en te sing hoe hy voel. Daar is net een manier om te oorleef teen 'n oormag en dit is VEG of vlug! Die dag gaan kom dat ons gaan sê -Genoeg is genoeg.


Onbekende besoeker

2012/02/24 02:59:00 PM

daar is beslis n behoefte aan plaas sekuriteit. as ek n (maatskapy) kan stig en mense kan laat oplei vir die plaas en om dan sekuriteit te bied vir die boer en sy gesin as ook sy eiendom te beskerm na wie toe gaan ek en wie kontak ek want vandag se polisie is dit nie werd nie. kan enige iemand my help asb......


Onbekende besoeker

2012/02/24 11:50:20 AM

Mens moet perspektief behou.Dit is nie net in Suid Afrika waar sekere vereistes aan boere gestel word nie maar jy sal dit regdeur die wereld vind.Behuising vir werkers word as 'n bate gesien om gesonde en gelukkige werknemers te verseker,gaan kyk maar na die behuising en minimum lone wat boere in New Zealand en ander lande aan hul werkers verskaf.Voldoening aan omgewingswette,beskerming van die natuur,minimalisering van die impak wat die boerderybedrywighede op die natuur en die omgewing het,beheer van die waterbronne deur die staat,watermeters en gevolglike betaling van heffing op water wat vir kommersiele doeleindes(boerdery) gebruik word,al is dit uit die boorgat wat jy self met jou eie geld laat boor het is 'n wereld wye beginsel.Ek het nog bitter min goed gesien wat deur die ANC regering gedoen en geimplementeer word wat jy nie ook in een van die Westerse lande sal aantref.Ek dink inderdaad dat die SA boer nog aan baie min regulasies en beheer onderwerp word as jy dit vergelyk met die res van die Westerse wereld.Moord is totaal onaanvaarbaar en dit moet daadwerklik aangespreek word maak nie saak waar dit plaasvind nie.Die feit dat daar soveel miljoene mense sonder werk is moet daadwerklik aangespreek word en die Regering moet alles in sy vermoee doen om die regte klimaat te skep sodat besighede kan uitbrei om werksgeleenthede te skep.


Onbekende besoeker

2012/02/24 11:01:23 AM

Dis kommerwekkend hoe die moorde toeneem en die regering handjies gevou sit en saam die DA reken dis gewone misdaad, terwyl die moorde op boere moorde , en veral die blankes, saam die ander immigrante en etniese groepe in ons land in een mandjie geplaas en bereken word. 1. Hoekom kan die regering plaasmoorde nie apart plaas nie, hier was voorheen n berig in landbouweekblad waar die Polisie gese het dit word reeds gedoen. Het die regering of die polisie iets om weg te steek dat alle moordsake in een mandjie geplaas word? Immigrante wat vermoor word (xenofobia), hoort apart. En as daar met sensus gevra kan word wat is mens se ras, kan moord / geboortes / sterftes / siektes ook beslis apart gelys word. Dit het niks met apartheid te doen nie. 2. hoekom het die regering in die eerste plek reserviste en kommando korps wat gewerk het, weggeneem? 3. As mens ook al die moordaanvalle in koerantberigte dophou, lees, vergelyk ek dit altyd, neem mens waar hoe vinnig word daar in stede en selfs waar polisie aangeval word, opgetree, Hoekom so vinnig? wat maak die een beter as die ander? Dis veronderstel 'n demokratiese land te wees, maar dis hoegenaamd nie so nie. Hoekom nie in die gevalle van plaasmoorde presies dieselfde optredes nie? Eienaardig dat sommige kriminele binne dae nie net opgespoor nie, maar word binne dae selfs verhoor en gevonnis, terwyl plaasaanvalle se moordenaars vrylik beweeg, nog moorde pleeg en mens hoor of lees regtig min hoe vinnig word daar opgetree in boere se gevalle en hoeveel terugvoer is daar oor moorde. Daar behoort apart verslae te wees hieroor, oor watter moorde is opgelos, en watter nie. Dan sal mens kan sien wat is die tendens, en dit geld dat dit ook apart gelys word. 4. Boere dra baie by tot ons land se ontwikkeling, of die regering dit nou wil weet of nie, ons land se kosvoorraad word uit en uit deur ons boere gedra. As mens kyk wat kry hulle vir gewasse en wat betaal die verbruiker, dan is dit ook n groter probleem. Dis roof. Die boere het ook groot uitgawes om 'n goeie eindproduk te lewer. En dit geld ook vir ander beroepe in land. 5. as daar nie opgetree word nie, van regeringskant af nie, is dit volgens my, hulle wat haat wakker maak onder rasse, want kyk na berigte, dit spreek vanself. Soos in die artikel uiteengesit, elkeen op daardie plaas word geraak. 6. almal soek terugvoer oor moorde, en veral plaasmoorde, apart van alle ander statistiek. Boere soek dieselfde en is geregtig op presies dieselfde beskerming as die man in straat en die man in 'n woonbuurt. 7. Die boere se belang is my belang, want as ek nie my boer beskerm en vir hom / haar opkom nie, het ek geen kos op my tafel nie. En dit geld vir elkeen in hierdie land, selfs die regering of selfs die DA wat presies soos die regering redeneer, dink julle anders? waar kom kos, melk en brood vandaan, dit val nie uit die lug uit nie en nog minder groei dit aan bome. 8. Daar is absolute diskriminasie teen die boeregemeenskappe in ons land. Daar word 'n uitsondering gemaak van die boer versus alle ander beroepe in ons land. Hoekom is dit so ooglopend dat die regering wetgewings daar wil stel om hierdie beroep nie net te verkleineer nie, maar ook nie 'n regmatige plek in die demokrasie in hierdie land daar te stel nie. Daar word uitsondering gemaak, vereistes gestel, aan hulle werkers, wat hemelsbreed met alle beroepe in ons land verskil. Hoekom word die boer, die landbou sektor nie net as 'n gewone beroep soos 'n ingenieur, doktor, prokureur, hoofuitvoerende beampte van plaaslike bestuur gesien nie. Hulle is nes ons ander beroepe, belastingbetalers. Nie in een van hierdie ander beroepe word dieselfde vereistes gestel as die teenoor die van 'n boer nie. Behuising en byvoordele waaraan ek kan dink, geen ander beroep moet behusing, kos, sens aan hulle werkers verskaf nie. Gaan kyk landwyd wat die boere vir hulle werkers doen en vergelyk dit met ander beroepe. Dis eintlik lagwekkend om die minste te sê. 'n Boer is nes enige ander beroep in hierdie land 'n besigheid, maar inteendeel het meer risikos en is van die natuur afhanklik om te produseer. Hierby breek die regering die boer af en word daar uit 'n rasse oogpunt gediskrimineer teen elke boer in hierdie land. Dis 'n absolute SKANDE.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights