Deur ALANI JANEKE
22 Augustus 2012

1801 keer gelees | 3 kommentaar

Talle boere leef in vrees weens plaasmisdaad hoewel hulle ’n misdaadvrye lewe nastreef, sê Vrystaat Landbou.


Sinnelose aanvalle op landelike gemeenskappe veroorsaak polarisasie binne gemeenskappe en laat rassespanning verdiep.

Dít is die reaksie van Vrystaat Landbou (VL) ná die aanval verlede week op mnr. Allen Rogers, ’n Amerikaanse plaasbestuurder, op ’n plaas buite Ladybrand. Die organisasie meen aanvalle op plase is ’n aanduiding dat “Suid-Afrika hom meer en meer in ’n moddergat bevind”.

 Mnr. Kobus Breytenbach, ondervoorsitter van die VL, sê die aanduidings dat buitelandse beleggings weens die geweld van die provinsie onttrek kan word, sal verreikende gevolge vir die inwoners van die provinsie hê en ontwikkeling landwyd strem. “Werkloosheid en gepaardgaande misdaad is ons voorland in die provinsie.”

Onverstaanbaar
Breytenbach meen dit is onverstaanbaar dat die staat daarop aandring dat werksgeleenthede geskep word en dat planne daarvoor in die Parlement voorgelê word, maar misdaad en moorde wat dit teenwerk, word nie veroordeel en aangepak nie. “Misdaad van watter aard ook al, is teenproduktief vir werkskepping.”

Verder wys die organisasie weer daarop dat die Landelike Beveiligingstrategie wat in Junie verlede jaar in Bethlehem bekend gestel is, nog nie in dié provinsie toegepas word nie.

“Die vraag word gevra of die owerheid nie doelbewus wegskram deur die belange van landelike bewoners te ignoreer nie,” aldus Breytenbach.

Lof
Breytenbach het dié polisielede geloof wat met hul vinnige reaksie en optrede verseker het dat verdagtes in die aanval op Allen aangekeer word. “Ongeag beperkte hulpmiddels doen hulle nog hul werk nougeset en met ’n passie.”

Dié optrede is volgens Breytenbach egter nie waar van alle polisielede in die provinsie nie. “Die SAPD moet wakker skrik en die werklikhede aanpak om ’n verskil te maak.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/08/22 01:40:59 PM

Ja wat van ons besighede wat van landbou afhanklik is wat gaan gebeur as ons moet werkers afbetaal oor swak besigheid


AS von Gericke

2012/08/24 11:52:39 AM

Ek kry die indruk dat ons nou 'n klomp manteldraaiers het wat ons regeer."As ons tog net Mangaung kan oorleef" is blykbaar die enigste oorweging tans.


CS Steenekamp

2012/08/24 12:47:17 PM

As jy in 'n moddergat lê met 'n kommunistiese stewel op jou nek, en 'n AK 47 teen jou kop, probeer jy nie spartel nie. Jy gebruik jou verstand. Jy probeer om 'n stokkie by te kom om 'n rooimier in die broekspyp by jou ore op te krap. En misdaad is nie noodwendig teenproduktief vir werkskepping nie. Hoe meer misdaad, hoe meer werksgeleenhede in die sekuriteitsbedryf. Hier is die antwoord op 'n klomp probleme: As 'n boer 'n tansbenadeelde toelaat om sy beddegoed te bring en 'n ou stal skoon te maak, skep hy 'n werksgeleentheid en beveilig hy homself. (Maar dan mag jy sien hoe gou die owerhede wakker skrik ... om "ongewenste" Blankes van plase af te kry.)

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights