Deur ALANI JANEKE
5 September 2012

465 keer gelees | 1 kommentaar

Wynboere trek swaar en groter konsolidasie word in die bedryf verwag, soos meer landgoedere verkoop word.


Die lewensvatbaarheid van die wynbedryf is besig om te daal weens die ekonomiese druk op verbruikers en die groot aantal produkte wat te koop aangebied word. Mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuurder van Absa Agribesigheid, sê bemarking en die noukeurige nagaan van die beskikbaarheid van ’n produk het baie belangrik geword vir oorlewing in dié bedryf.
 
“Dít alles raak te veel vir ’n kleinboer om te hanteer, wat uiteindelik sy winsgewendheid verlaag,” verduidelik Janovsky. Hy verwag dat groter konsolidasie, soos  in die melkbedryf en met ander boerderye, ook in die wynbedryf sal voorkom.
 
Janovsky het op die AMT vooruitskouingskonferensie wat die afgelope week in Pretoria gehou is, gesê dat ’n groter druiwe-oes verdere druk op die bedryf plaas. Die druiwe-oes was 30% hoër as gewoonlik, “en dit is ’n groot uitdaging vir die bedryf om afsetpunte vir dié oorskot te kry.”
 
Darling Hills
Intussen het BKB Eiendomme, luidens ’n verklaring, gevra vir aanbiedinge vir die verkoop van die Darling Hills-landgoed naby Darling in die Wes-Kaap. Sowat 1 030 ha produktiewe grond word tans op dié landgoed te koop aangebied.
 
“Sowat ’n uur se ry vanaf Kaapstad, bied dié landbou-eiendom boerderygeleenthede vir beeste, skape en koring, met gevestigde wingerde en ’n wildreservaat van 500 ha wat baie wild huisves,” aldus mnr. Willie van Rensburg, woordvoerder vir BKB Eiendomme. Elande, gemsbokke, bontebokke, springbokke en rooihartbeeste is van die wild wat daar aangehou word.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Peter Pentz

2012/11/13 01:31:14 PM

Net 'n vraag...Is Darling Hills-landgoed 'n wynplaas? Onder watter naam produseer hulle?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights