Deur ISABEL STOLTZ
16 Julie 2012

446 keer gelees | 1 kommentaar

Die bestryding van plaasmisdaad is reeds ’n voorrangsaak, maar die strukture wat dit moet pak, het verval, sê dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies.


Burger het by navraag kommentaar gelewer op herhaalde onlangse oproepe van verskeie instansies dat plaasmisdaad tot voorrangmisdaad verklaar word. Die waarde van voorrangsake is dat dit hoë aansien het met goeie mense wat dit bestuur.

Dit is deel van die SA Polisiediens se gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur wat deur middel van ’n komitee op twee vlakke verslag doen, naamlik op kabinetsvlak asook op direkteurgeneraalvlak aan ’n ministeriële komitee.

“Die voorrangkomitee vir landelike beveiliging het so verwater dat dit prakties nie meer bestaan nie. Daar word nie eens meer elke maand vergader nie. Besprekings en konstruktiewe leiding ontbreek. Dit lewer lank al nie meer ’n betekenisvolle bydrae tot die bestryding van landelike misdaad nie,” sê Burger.

Betroubare statistiek
Die betrokke komitee het voorheen ook ’n subkomitee gehad wat weekliks vergader het vir ’n deurlopende proses van sifting en kontrolering van inligting uit verskeie oorde om betroubare statistieke oor plaasmisdade in te samel.

“Die komitee het ’n belangrike rol gespeel as bron van inligting oor plaasaanvalle en neigings. Dié bron het opgedroog en dit is die hoofrede waarom inligting oor plaasaanvalle sedert 2007 nie meer in misdaadstatistieke vervat is nie.”

Burger sê die enigste bron wat sulke inligting tans byhou, is die TLU SA. Landbou.com het onlangs berig volgens dié statistieke is 1 571 moorde in 2 788 plaasaanvalle sedert 1990 in die land gepleeg. Me. Dianne Kohler-Barnard, DA-woordvoerder vir veiligheid, sê in ’n verklaring plaasmoorde het reeds die kerf van 3 000 verbygesteek.

Mnr. Pieter Groenewald, VF Plus se woordvoerder oor die polisie, sê pres. Jacob Zuma is oningelig oor plaasmoorde en sonder behoorlike statistieke kan hy nie stellings staaf dat ras nie ’n rol daarin speel nie. 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johan du Plessis

2012/07/16 12:41:24 PM

Plaasmisdaad is heeltemal buite beheer in Stellenbosch omgewing. Elke liewe koperkraan word gesteel en baie toerusting word uitmekaar gebreek om by 'n stukkie koper uit te kom. Kabels word uitgetrek, waterpompe word bekadig, geboue, alles loop deur. Onophoudend. Dit veroorsaak baie frustrasie, oponthoud en duur herstelwerk. Onaanvaarbaar!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights