deur ALANI JANEKE en JOYLENE VAN WYK
1 Oktober 2012

819 keer gelees | 4 kommentaar

Mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, weier steeds om die verskynsel wat as plaasmoorde bekend geword het, te erken.


Landbouweekblad wou by mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, weet wat die nuutste syfer vir moorde op plase is nadat die land se jaarlikse misdaadstatistiek in die Parlement bekend gemaak is. Mthethwa sê daar was “nooit ’n kategorie vir plaasmoorde nie” en ook nie syfers vir moorde in townships nie.

Kontakmisdaad (ook op plase), wat insluit moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, het met 3,5% gedaal. Dit het sedert 2004/’05 tot 2011/’12 met 35,5% gedaal. Hoewel kontakmisdaad landwyd gedaal het, was dit nie die geval in die Vrystaat, Limpopo en die Wes-Kaap nie.

Meer as 3000 plaasmoorde
Me. Dianne Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, het vroeër vanjaar aangedui dat plaasmoorde reeds die kerf van 3 000 verby gesteek het. Statistiek van die georganiseerde landbou dui daarop dat 1 571 moorde in 2 788 plaasaanvalle sedert 1990 in die land gepleeg is. Sy sê ’n geïntegreerde verslagdoeningstelsel moet ingestel word en deur ’n onafhanklike eenheid vir misdaadstatistiek bestuur word. In dié stelsel moet kategorieë vir misdaad (soos plaasaanvalle, huishoudelike geweld, rekenaarmisdaad, openbare geweld en bendeverwante misdaad) ingesluit word.

Veediefstal styg
Veediefstal het met 1,5% gestyg. “Die toename beteken dat die SA Polisiediens sy benadering sal moet verander, want hy kan nie dat hierdie geringe toename ’n neiging word nie,” sê Mthethwa. Mnr. Jaco Maré, voorsitter van die nasionale Veediefstalforum, sê een van die redes vir die styging kan die toename in hoenderdiefstal wees. Hy het op die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se kongres gesê die waarde van gesteelde diere is in die boekjaar 2010/’11 verhoog. Beeste se waarde is verhoog tot R10 400 stuk, terwyl ’n skaap se gemiddelde waarde R1 700 beloop. Bokke, donkies en perde se waarde is tot onderskeidelik R1 950, R650 en R3 500 stuk verhoog.

Mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se woordvoerder oor polisie, sê die toename in veediefstal bewys dat die afskaffing van veediefstal- eenhede ’n fout was. “Boere kla dus met reg oor die ekonomiese verliese weens diefstal in die landbou,” het Groenewald gesê. Die DA het intussen voorgestel dat ’n onafhanklike instelling verantwoordelik vir die hantering van misdaadstatistiek moet wees omdat die huidige metode van die verkryging, verwerking en verslagdoening daarvan nie die betroubaarheidstoets slaag nie.

Landelike beveiligingsplan kan misdaad bekamp
Mnr. Kobus Breytenbach, ondervoorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, sê enige daling in misdaadstatistiek is ’n goeie teken. “Agri SA is egter steeds bekommerd oor die feit dat die syfer so hoog is. Dit is veral baie hoog as ’n mens dit met dié van Eerstewêreldlande vergelyk.” Volgens Breytenbach kan die suksesvolle toepassing van die landelike beveiligingsplan, wat verlede jaar in die Vrystaat bekend gestel is, tot ’n aansienlike afname in misdaad in landelike gebiede lei

Kyk gerus na 'n kaart van misdaad in Suid-Afrika om meer te leer oor statestiek.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hennie van der Merwe

2012/10/01 11:56:55 AM

As die minister van polisie nie eens weet hoeveel moorde in "townships", plase en ander landelike en stedelike gebiede gepleeg word nie, dan is hy besig om die staat se geld te mors en moet hy bedank. As die president dit nie nodig ag dat statistiek in hierdie kategorieë bekend moet wees nie, dan is hy ook besig om die staat se geld te mors en moet hy bedank. Hoe beveg jy misdaad is jy nie weet waar dit plaasvind nie?


Elli Mac

2012/10/01 01:49:25 PM

Janee Hennie, voor mens 'n probleem kan oplos is goeie begrip nodig. Wat, waar, wie, wanneer, ensovoorts. Hulle werkswyses is heel duidelik ten behoewe van die regering se politiese vereistes terwyl burgery moet krepeer.


Johann C. Fouche

2012/10/01 02:10:07 PM

geagte menere ; Maak n dokumentere film oor die plaasmoorde en mense slagting en vertel die goverment dat dit aan die internatinale gemeenskap vrygestel gaan word om sanksies in te stel in n goverment wat hul minderhede verontagsaam en onderdruk , en vermoor , met hul openlikke lied van Kill die Boer


Ibotha

2012/10/01 02:43:02 PM

Puik Johann ek dink dis n briljante idee, maak n fliek oor die plaasmoorde en hoe ons mense gelei het en as hul weier om dit te wys dan stuur ons dit onderlangs uit veral na die buitelande wat ons goed gesind is.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights