31 Januarie 2012

1075 keer gelees | 3 kommentaar

Agt plaaswerkers is dood en 48 beseer in 'n grusame ongeluk op die R44 tussen Gouda en Saron.


Agt plaaswerkers is dood en 48 beseer in 'n grusame ongeluk op die R44 tussen Gouda en Saron.

Die ongeluk het Maandag (30 Januarie 2012) op die Kleinbergrivierbrug sowat 20 km buite Porterville plaasgevind. 'n Padwerkvoertuig en 'n vragmotor met plaaswerkers het teen mekaar gebots.

Die slag tussen die twee voertuie het veroorsaak dat die bak van die vragmotor losgeruk en oor die brugreling getuimel het. Die voorste deel van die vragmotor het oor die reling bly hang.

Moord?
Mnr. Robin Carlisle, Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, dring nou daarop aan dat die eienaar van die padwerkvoertuig van moord aangekla word. Die eienaar was na bewering in die voertuig, maar het glo van die toneel af gevlug, berig Die Burger. Die voertuig het nie 'n lisensie nie en is nie geregistreer nie.

Die eienaar van die vragmotor, mnr. Boet Immelman van die plaas Halfmanshof naby Porterville, het die dood van die werkers betreur. Hy sê die vragmotor was wel padwaardig.

Bron: Die Burger

31 Januarie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


D Huisamen

2012/02/03 10:27:26 AM

Ek het vir 'n kontrakteur in die area gewerk wat sy grondverskuiwingsmasjiene in die nag sonder permitte en begeleiding geskuif het. Sy laebedvoertuig was nie geregistreer of padwaardig. Sy verskoning was net altyd: Die boetes is minder as die koste om alles wettig te doen. Ek weet nie of dit sy voertuig was nie, maar ek het gewag vir die dag as so-iets gebeur. Oom Boet, jammer aan al jou werkers wat jy verloor het en simpatie met hulle families.


Onbekende besoeker

2012/01/31 11:10:25 PM

Wat 'n jammerte! Al die skade en dan was daar maar net iemand wat op sy en sy werkers se tafel kos wou sit... Jammer dat sulke dinge moet gebeur, maar weereens wys dit dat ons elke dag gereed moet wees om die tydelike hier op aarde waarwel toe te roep. Ons kan maar net bid en glo dat Sy wil sal geskied. Sterkte aan al die betrokkenes.


Birdie

2012/01/31 01:40:02 PM

sjoe, dit is verskriklik. Ek bid vir die families van hierdie arme plaaswerkers en die wat deur die trauma van so 'n ongeluk moes gaan. :(

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights