Deur ALANI JANEKE
13 Julie 2012

747 keer gelees | 3 kommentaar

Minstens 19 mense is dood en 24 beseer toe ’n vragmotor wat plaaswerkers vervoer het, teen ’n trein naby Malelane in Mpumalanga gebots het.


’n Vragmotor wat na bewering plaaswerkers op die N4 naby Malelane in Mpumalanga vervoer het, het voor ’n trein by die Tulluh-spooroorgang beland. Altesame 19 mense is reeds dood verklaar, terwyl 24 ander ernstige beserings opgedoen het.

Luidens ’n berig op Nuus24.com sê mnr. Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, die ongeluk het vanoggend (13 Julie 2012) omstreeks 07:00 plaasgevind.

30 mense oorlede
Mnr. Thulani Sibuyi, hoof van Oos-Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, sê dit wil voorkom of die vragmotorbestuurder “nie mooi gekyk het” voor hy die oorgang oorgesteek het nie.

Volgens Sibuyi is 30 mense in die ongeluk dood. Die trein het die vragmotor getref en die voertuig is sowat ’n kilometer ver gesleep.

Reddingswerkers is op die toneel waar afgryslike tonele van slagoffers wat “uitmekaar geskeur” is glo voorkom.

Skandalig
Intussen sê Cosatu “dié tragedie ontbloot weer die skande dat werkers op oop vragmotors vervoer word. Hoe kan ons dit toelaat dat werkers in ’n land waar bestuurders en passasiers wettiglik verplig word om sitplekgordels te dra, vervoer word met absoluut geen beveiliging in geval van ’n ongeluk nie?”

Die vakbond vra dat wette strenger moet wees om te verseker dat elke mens wat vervoer word, beveilig moet wees voordat die voertuig op die pad toegelaat word. Verder word gevra dat alle oorgange by treinspore nagegaan word om seker te maak bestuurders weet van die gevaar wat voorlê.

Cosatu en die Demokratiese Alliansie (DA) vra dat die voorval deeglik ondersoek word, en dat dié wat aan oortredings skuldig bevind word, die ergste moontlike straf moet kry.

Bron: Nuus24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/07/13 02:05:46 PM

Wat van bestuurders wat onverskilig ry aan keer en verkeers overhede ophou onder bome sit en kameras oppas ry tussen die verkeer en identifiseer verkeer op n ordentlike manier wat soos pad varke ry en verkeer ophou deur in sekere zones tot 40 K/mh onder doe spoed grens ry hier is mense wat moet werk om n lewe temaak. Almal kry nie goed verniet nie.


boer

2012/07/13 06:35:57 PM

Dis die bestuurder se skuld nie die feit dat die mense op n oop vragmotor vervoer is nie,Cosato moet hulle erder hou by wat hulle moet doen en nie enige rede gebruik om boere by te kom soos die anc nie.Wees eder bly die werkers word gratis vervoer.


Daniël

2012/07/16 08:27:27 AM

Askuus cosato , dit maak nie saak of die passasiers in 'n panserwa met lugsakke , sitplekgordels , aircon en alles wat julle wil he sou dit steeds niks gehelp het teen die trein se impak nie. Word asb wakker en word realisties, moenie net weer skuld op die boere gooi nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights