Deur ALANI JANEKE
14 Maart 2012

916 keer gelees | 5 kommentaar

Die hersiende plan vir landelike veiligheid, wat die platteland tot ’n voorrangsaak verklaar, is glo “amper klaar”.


Die hersiende plan vir landelike veiligheid, wat die platteland tot ’n voorrangsaak verklaar, is “amper klaar”, sê die Ministerie van Polisie.

Luidens ’n berig op News24.com sê mnr. Zweli Mnisi, woordvoerder, een van die sleutelaspekte is om dienslewering by polisiekantore op die platteland te verbeter.

“Ons wil polisiesigbaarheid en reaksietye van die polisie in landelike gebiede verbeter, asook verhoudings tussen die polisie, boerderygemeenskappe en die breë landelike gemeenskappe,” aldus Mnisi. 

Mnisi het Dinsdag (13 Maart 2012) ’n mediaverklaring in dié verband uitgereik. Die Polisie, spesifiek mnr. Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, en gen.-maj. Nhlanhla Sibusiso Mkhwanazi, waarnemende Polisiekommissaris, het Dinsdag onder kritiek deurgeloop omdat hulle nie by ’n vergadering met die TLU SA opgedaag het nie.

Die TLU SA het op die vergadering weer gesê dat plaasaanvalle tot ’n voorrangmisdaad verklaar moet word.

Mnr. Chris van Zyl, asisstent-hoofbestuurder, sê plaasaanvalle en -moorde is nie net traumaties nie, maar bedreig ook voedselsekerheid.

Volgens Van Zyl verskaf een boer voedsel aan sowat 1 600 mense, of selfs meer, in dié land.

Bron: News24.com

14 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Plaaswag

2012/05/25 11:19:38 AM

Ek het in 2001 'n plaaswag stelsel in ons gebied op die been gebring teen 'n koste natuurlik vir elke boere klient. Toe die polisie sien dat my diens lewer goeie resultate, besluit hulle om dieselfde te doen, maar net om na 'n paar maande weer terug te keer na hul swak dienslewering soos dit huidiglik gaan. Ek lewer nogsteeds my diens aan lojale ondersteuners, maar elke keer as die polisie besluit nou gaan hulle iets vir die boere doen net om agter af iets in die sak te kry verloor ek 'n paar kliente. Ek wil dus 'n beroep op die polisie doen om liewer die boere uit te los sodat ons wat die werk wil doen en 'n volhoubare diens wil lewer in staat stel om na boere se veiligheid om te sien.


Robert Palmer

2012/03/16 06:52:55 AM

Daar word tog iets kleins gedoen in ons area (Noordwes, Groot Marico). Ons het al die polisie gewis, en gevra waarheen is hulle oppad? Om uit te vind hulle word geforseer om die plaas paaie te patroleer vir veiligheid. Dalk is dit gebied gedrewe? Diens verskil ma orals.


Onbekende besoeker

2012/03/14 07:38:57 PM

Indien die SAP regtig belanggestel het in die veiligheid van boere op landelike gebiede, sou hulle dit ook as 'n prioriteit beskou het en opgedaag het vir hierdie tipe vergaderings. Dis duidelik dat die boere se prioriteite en die van die Polisie beslis nie op dieselfde bladsy verskyn nie. En dit geld ook vir voedselsekerheid in ons land, wat worry die Polisie of daar kos is of nie, hulle dink die voedsel spring vanself op rakke en melk beland self in bottels. Bestaan daar ooit 'n hersiende plan, of is dit weer 'n eensydige dokument, wat net die Polisie insette mag hê of word die wat geraak word, ook geken in die saak. Ek meen, het hulle ooit verskoning aangeteken dat hulle nie gaan opdaag nie? Hierdie is maar net nog 'n vergadering, een van baie. Sterkte boere, julle het dit beslis nodig, en al my simpatie.


Elardus Engelbrecht

2012/03/14 12:45:41 PM

Geagte minister, is die grensprobleme by al ons buurlande ook ingesluit by u hersiende plan? Ons wil ook 'polisiesigbaarheid' in daardie vergaderings sien. Ek is regtig sinies oor u en u polisie, maar is darem bereid om te wag en sien wat in u planne staan. Baie sterkte vir u.


Speenkalf

2012/03/14 10:38:14 AM

Dit sal seker nie help om te lag nie ne?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights