Deur ALANI JANEKE
6 Augustus 2012

1260 keer gelees | 3 kommentaar

Op tien plase word toetse gedoen as deel van die ooreenkoms tussen Vodacom en Agri SA oor beter satelliettelefoondienste.


Groot behoeftes bestaan tans aan telekommunikasiedienste in landelike gebiede.

Agri SA het derhalwe met Vodacom ’n ooreenkoms aangegaan rakende ’n verbeterde diens aan spesifiek landelike gemeenskappe. Die organisasie het ’n opdrag daaroor verlede jaar van sy kongres ontvang.

Luidens ’n verklaring hou die grootste probleme verband met die internet, e-pos en datadienste, maar meer onlangs is oproepe ook by die lys bygevoeg. Mnr. Chris Lazarus, besturende direkteur van Vodacom Sakedienste, sê die VSAT (Very Small Aperture Terminal)-produk wat aan landelike gemeenskappe beskikbaar gestel word, het unieke eienskappe ten opsigte van hoe die diens verskaf word.

“Die prosesse in die konfigurasie en die voorsiening van die produk is sover moontlik outomaties gemaak,” aldus Lazarus.

Plase
Lazarus sê op tien plase in die land word toetse gedoen om te bepaal of die diens net so doeltreffend in die uithoeke van die land is soos in die sentrale dele. Drie van dié plase is in die Noord-Kaap.

“Een van die plase waarop die toereikenheid van die stelsel bepaal word, is binne die SKA-gebied. Op plase wat tans geen of swak kommunikasie het, word gekyk of die stelsel ’n verbetering teweeg sal bring aan die gebiede se kommunikasiebehoeftes,” verduidelik Lazarus.

Lazarus sê die stelsel vir die VSAT-produk is landswyd beskikbaar deur bestaande verkoopskanale.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Maretha Gouws

2012/08/06 08:48:22 PM

Sal so bly wees as ons Vodacom ontvangs kan kry. Ons is met tye vir maande sonder telkom telefoon voor hulle dit herstel. Ons moet dan ry na waar ons 'n Vodacom sein kan kry. Dit sal wonderlik wees as alle plase ontvangs kan kry.


Hester Koegelenberg

2012/08/07 08:46:03 AM

Dit is goeie nuus. Ons bly in die Noordwes Provinsie - Makwassie. Vodacom se sein is baie swak. Ons sal ook graag meer inligting wil he in die verband. Of as daar reeds iets beskikbaar is wat ons kan aankoop wat ons nie van weet nie. Wil graag die Vodacom sein op die plaas versterk


corlivdm

2012/08/08 11:20:49 AM

Kontak Agri SA vir meer inligting by 012 643 3400.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights