Deur ALANI JANEKE
17 Julie 2012

947 keer gelees | 3 kommentaar

Bewerings dat die polisie baie lank geneem het om op ’n voorval op ’n plaas naby Reitz te reageer, gaan ondersoek word, aldus Vrystaat Landbou.


’n Groep boere, wat gekontak is om ’n boer van Reitz by te staan ná hy ’n inbreker in sy huis ontdek het, het self die verdagte gekonfronteer ná die Polisie glo te lank geneem het om op ’n noodoproep te reageer.

Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se veiligheidskomitee, sê ná die groep die verdagte gekonfronteer het, is een boer deur die man aangeval en verskeie kere met ’n mes gesteek.

Die boer word as die 72-jarige mnr. Wessel Lourens gedentifiseer luidens ’n berig in Volksblad. Hy word in ’n hospitaal in Bethlehem behandel. Breytenbach sê hoewel sy beserings ernstig is, is dit nie lewensgevaarlik nie.

Voorval
Die voorval het Maandagaand (16 Julie 2012) plaasgevind ná ’n boer by die huis gekom, en opgemerk het dat ’n onbekende persoon binne in sy huis is.

“Hy het toe die boere in die omgewing ontbied om hom by te staan en die Polisie is gekontak om die inbreker aan te keer. Ná die groep baie lank gewag het dat die Polisie opdaag, het hulle besluit om self in die huis in te gaan. Een van die boere is toe deur die verdagte aangeval, waarná ’n ander boer die verdagte geskiet het,” vertel Breytenbach. Die verdagte is op die toneel dood.

Breytenbach sê hulle is dankbaar dat die boer wat die man in sy huis opgemerk het, homself nie blootgestel het nie. “Dit is wat ons vir boere wil sê, moenie jouself blootstel as jy onraad vermoed nie.”

Kommer
 “Dit is vir ons baie kommerwekkend dat die Polisie so lank geneem het om te reageer as landelike veiligheid tot ’n voorrangsaak verklaar is,” sê Breytenbach.

Intussen sê sers. Majang Mosupa, woordvoerder vir die Polisie, sy is nog nie bewus van klagtes dat die Reitz-polisiestasie lank geneem het om op die oproep te reageer nie. “Die betrokke mense is welkom om die gebeure volledig by die polisie te rapporteer, waarna ’n interne ondersoek ook gedoen sal word.”

Volgens Mosupa word klagtes van huisbraak, poging tot moord en moord tans deur die Polisie ondersoek.

Bron: Volksblad
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Thabo Strydom

2012/07/17 02:34:47 PM

Wie dink dat die polisie ooit sal erken van laksheid aan hulle kant ? Wat wel sal gebeur, is dat die brawe boer,wat die inbreker geskiet het van moord aangekla sal word!


mkruger

2012/07/18 08:19:46 AM

Ek het nie regskwalifikasies nie maar die probleem is dat die idiote wat tans in die polisie diens doen omdat hulle swart is en nie omdat hulle die beste gekwalifiseer is nie, geen idee het van die strafproseswet nie. Hoe kan jy 'n vragmotorbestuurder wat in 'n ongeluk is vir moord aankla. Hy wou homself seker ook vermoor het. Net so ook moet die boer wat die inbreker geskiet het vir strafbare manslag aangekla word. Probleem is dat die SAP van vandag net werk vir die geld en nie omdat hulle trots is op hulle werk nie. Dit geld vir swart en wit. In die goeie ou SA het die polisiemanne al die plase in die omgewing se name en inwoners geken. Probleem is heel moontlik dat die lede in Reitz nie geweet het waarheen hulle moes ry nie. Ek wonder of mens nie sulke swak diens by die verbruikersraad kan aanmeld nie want om dit by 'n rassistiese bevelvoerder aan te meld wat heel waarskynlik 'n politieke aanstelling was, gaan niks help nie.


Ferdi le Grange

2012/07/23 09:20:34 AM

Ek het laas Dinsdag inbraak gehad naby Paul Roux. 4 uur later en na 5 oproepe het polisie uiteindelik opgedaag. Ek moes eers verduidelik waar die plaas is. En ek weet in die aanklag kantoor is 'n kaart met elke plaas genoem. Wag nog steeds vir vingerafdruk mense van Bethlehem. Met besoek aan Paul Roux polisie het niemand 'n idee waarvan ek praat nie. Nou het ek my eie booby traps gestel. Laat iemand net waag inbreek, want polisie kan nie help nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights