Deur CORLI VAN DER MERWE
20 Februarie 2012

806 keer gelees | 3 kommentaar

Suid-Afrikaners moet op ‘n positiewe wyse met mekaar én met die Regering saamwerk om ‘n suksesvolle land te verseker, is uit talle oorde op Agri SA se konferensie in Stellenbosch gevra.


Suid-Afrikaners moet op ‘n positiewe wyse met mekaar én die Regering saamwerk om ‘n suksesvolle land te verseker, is uit talle oorde op Agri SA se konferensie in Stellenbosch versoek.

Talle rolspelers uit die landbou is Maandag en Dinsdag (20 en 21 Januarie 2012) in Stellenbosch byeen om nuwe uitdagings in die landbou te bespreek. Die Nasionale Ontwikkelingsplan en die implikasies hiervan vir die landbou is deur mnr. Trevor Manuel, Minister in die Presidensie, wat aan die stuur van dié plan is, én prof. Mohammad Karaan, dekaan van die departement landbou by die Universiteit Stellenbosch en lid van die Nasionale Beplanningskommissie, uiteengesit.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan is ‘n 30 jaar plan vir die suksesvolle ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing op talle vlakke.

Toekoms van landbou blink
Manuel en Karaan is dit eens dat die toekoms van die landbou blink is en dat boere op ‘n positiewe wyse met die Regering moet saamwerk om ‘n sukses van die bedryf te maak. “Dit is belangrik om uitdagings te vat en dit om te draai sodat die geleenthede daarin ontgun kan word,” sê Manuel. “Ons moet nou besluite maak wat ‘n impak sal hê, en nie eers in 2029 wakker skrik nie.”

Manuel het ook ‘n beroep gedoen op Suid-Afrikaners om betrokke landsburgers te wees en saam te werk met die Regering. “Leierskap behoort nie net te behoort aan politici, burgemeesters en regeringsamptenaars nie, maar aan alle Suid-Afrikaners,” sê Manuel.

‘n Aktiewe staat en passiewe landsburgers sal lei tot ‘n ramp vir dié land, reken Manuel. Hy het ook ‘n beroep gedoen op die georganiseerde landbou om in volgehoue gesprek met die Regering te bly.

Fokus op oplossings
Karaan het op sy beurt verwys daarna dat die fokus op oplossings moet wees en nié probleme nie. “Die landbou het ‘n wonderlike toekoms, so ons moet positief wees. Die geleentheid is nou hier om die Nasionale Ontwikkelingsplan te vat en saam met die Regering te werk om oplossings vir die sektor se probleme te kry.”

Karaan het in ‘n samevatting van die geleenthede in die landbou verwys na uitbreidingsgeleenthede in Afrika, sowel as die rol wat die sektor kan speel in die ontwikkeling van landelike gebiede. “Die landbou speel ‘n aktiewe rol in die breë samelewing. Talle leiers in ons land kom uit ‘n landelike omgewing en identifiseer met die landbou,” sê Karaan. “As ons die Suid-Afrikaanse gemeenskap wil ontwikkel, sal die landbou ‘n belangrike rol moet speel.”

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het in sy verwelkoming Manuel en Karaan se woorde beaam. “Ons moet positief wees, dan sal die geskiedenis ons onthou en ons sal suksesvol wees,” sê hy.

20 Februarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Bertie v.d Poll

2012/02/21 08:05:18 PM

Bly positief hoe lank nog, wag al van 1994 vir grond. Pryse buitensporig duur (te hoog) om te koop sonder addisionele grond. Moet werk om te lewe kan nie uit 200 skape huishouding sowel as boerdery onderhou. Maar daar is beslis n blink toekoms, ek sou positief wees.


Elna Wondergem

2012/02/20 05:59:00 PM

Hoe kan ons positief wees as ons uitgemoor word????!!!! Wens die geagte ministers wil my antwoord. Hoe kan ons positief wees en saamwerk as niemand vanaf regeringskant 'n woord rep oor al die boere wat vermoor word nie??? Julle gaan in 2029 wakker skrik ek voorspel baie gouer met 'n klomp honger mense wat wonder wat het van die boere geword dan sal julle dalk iets se!!!


Onbekende besoeker

2012/02/20 04:13:14 PM

Great!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights