‘Privaatgeld’ is die toekoms – Roodt

Deur Amelia Genis
11 Augustus 2017
Die wêreld van geld is aan die verander en die publiek sal daarby moet aanpas.

Geld en die wêreld van geld is besig om drasties te verander, en die publiek moet bewus wees van ander vorme van geld en hoe dit magsbasisse kan verander, het mnr. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, gesê.

Fisiese geld (munte en note, oftewel kontant) het ruilhandel vervang, maar fisiese geld-transaksies is anoniem en kan gebruik word om belasting te ontduik, een van die redes waarom regerings nie van fisiese geld hou nie. Digitale geld en transaksies, daarenteen, werk in hierdie stadium deur finansiële tussengangers soos banke en die beweging daarvan kan nagespeur word – iets waarvan regerings hou.

Roodt, wat een van die sprekers by ’n skaapdag op die plaas Platkop buite Riversdal was, het gesê daar is deesdae ook ander vorme van geld, die sogenaamde “privaatgeld”. “Dit is geld wat deur enigiemand uitgereik kan word, en is ’n manier om geld te desentraliseer in ekonomieë waarin lande se geldeenhede net deur sentrale banke, soos die Reserwebank, uitgereik word in monopolisitiese stelsels.”

Privaatgeld wen veld
Volgens Roodt bestaan daar tegnologie, bekend as “blockchain”, wat dit moontlik maak om geld privaat uit te reik. “Blockchain berus daarop dat groepe mense wat by die geldeenheid betrokke is, mekaar kontroleer om seker te maak dat almal eerlik bly.”

In werklikheid is dit ’n klomp rekenaars wat mekaar dophou en anonimiteit verseker. “Enige groep mense kan privaatgeld gebruik. Dis veilig en vinnig, en dis waar kripto-geldeenhede soos ‘bitcoin’ vandaan kom.” Daar is deesdae sowat 1 000 sulke private geldeenhede en hulle het ’n gesamentlike markkapitalisasie van meer as $1 triljoen. Roodt sê die ora van Orania is ’n plaaslike voorbeeld van so ’n private geldeenheid.

In die stadium is die ora ’n papierbewys, maar Roodt help die dorp om die ora te digitaliseer sodat mense hul selfone kan gebruik om dit uit te ruil. Dit maak weer anonimiteit moontlik. Die groei in privaat geldeenhede kan moontlik mettertyd meebring dat banke heeltemal gaan verdwyn en sentrale banke nie meer nodig is nie.”

Politici verloor geldmag
“Mense gaan begin om waarde te skep tussen mekaar. Die waarde gaan in ’n elektroniese beursie op jou selfoon lê, en as die belastinggaarder vra om te sien watter transaksies jy gedoen het en watter inkomste jy verdien het, kan jy sê ‘ek het my wagwoord vergeet’ “, sê Roodt. Dit sal meebring dat belasting gaan verander van transaksiebelasting na belasting van fisiese goed, soos tolpaaie, ens.

“Dis die toekoms, maar die belangrikste is dat privaatgeld en digitale transaksies die mag geleidelik uit politici se hande neem en terugplaas waar dit hoort, by die mense.” Roodt het gesê hy beveel nie bitcoin aan as ’n belegging nie. “Koop vir jou bitcoins vir R100, speel daarmee en leer dit verstaan. Kry ’n beleggingsadviseur wat jou kan help om die grootste deel van jou portefeulje in die buiteland te belê, want hier is groot probleme in die land.”


Kommentaar

Kommentaar (20) “‘Privaatgeld’ is die toekoms – Roodt

  1. Willie
    Willie

    Insiggewend

  2. Thomas
    Thomas

    Dawie weet beslis waarvan hy praat, luister maar na hom en volg sy raad…

  3. Freddie
    Freddie

    Hoe gaan mens te werk om meer te leer?

  4. antonio bredenhand
    antonio bredenhand

    Hoe gaan n mens te werk om iets soos bitcoin te koop?

  5. Annetjie de Jong
    Annetjie de Jong

    En Kruger rande is dit ook veilig ?

  6. Corrie
    Corrie

    Hierdie dinge gebeur nou vinnig! Dis opwindend maar ook “scary”!

  7. Carel
    Carel

    Ek dink ook daar oor

  8. Rina
    Rina

    Wonder hoekom is bitcoin nie aan te beveel vir belegging nie?

  9. jackie
    jackie

    jip!! dit is die toekoms…en snel in opmars!!

  10. Pieter Venter
    Pieter Venter

    Kyk bietjie na Bit Gold. Dit is ook n block chain maar is gerugsteun deur goud.

  11. mike
    mike

    ek doen dit vir n paar jaar nou, en net in die laaste 7 maande is daar n 300% verhooging in waarde, geen bank sal dit vir jou gee nie.

  12. MB
    MB

    Baie interesting. Dankie.

  13. Rob Moen
    Rob Moen

    Dis nou interessant om te lees hoe tusse skape op ‘n plaas gepraat word van crypto currency. Ek stem saam. Dis ‘n goeie ontwikkeling maar ook iets waarvoor mense bang kan wees. Waarom is dit interessant. Se nou jy wil 1000 rand oorplaas na die bankrekening van jou oom wat in London bly. Jy gaan sien Absa, betaal baie transaksie koste en 10 dae later kry jy ‘n email van jou oom wat se: dankie, ek het dit gekry maar ongelukkig moes ek ook al bankkoste betaal…. Die email het jy vinnig gekry. Dit was nie 20 sekondes vanaf die moment van verstuur nie .En, niemand het betaal vir die email (behalwe jou internet dienste natuurlik). En so werk dit met crypto. Se, nou wil jy 0,1 bitcoin betaal aan jou oom (1 bitcoin is baie!). Jy pak jou selfoon, sit in die adres van jou oom en druk op “stuur” En… minute later se jou oom “dankie” hy het dit gekry sonder enige transaksie koste! Vinnig, veilig en niemand weet daarvan. Ook nie die belasting inspekteur.
    Bitcoin is die moeder van al die munte. Eintlik staan crypto munte by mense in ‘n negatiewe lig want Bitcoin is tog die munt wat gebruik wordt deur kriminele, hackers wat die “wannacry” ransomware op ‘n mens afstuur. Ja, dat is waar maar elke munt sal onvermydelik gebruik kan word vir kriminele aktiwiteite, dit is maar so.
    Op hier die stadium is daar ook nadele. Ons sien groot koersverskille. Ethereum, die nommer 2 in crypto land, kon jy in januari optel vir 50 US$. Nou is dit 300, maar 2 weke terug 160. In juli betaal jy vir 1 bitcoin 1600 US$. Vandag is dit meer as verdubbel. Dit beteken dat baie investeerders die munte gebruik vir vinnige koerswinste en dat maak die munt ongeskik vir gebruik in normaal betaalverkeer. Dit sal pas gaan werk wanneer ‘n munt ‘n stabiele koers sal kry en hou.
    Die groot verskil tusse bitcoin en Ripple (XRP) is dat die ontwikkelaars van ripple wil saamwerk met die banke om dit te bereik. Ripple sien die banke nie als vyande nie wat die ander crypto’s wel doen. Ripple se waarde is nou 0,16 US$ maar is die derde belangrikste munt na Bitcoin en Ethereum (https://coinmarketcap.com/)
    Wanneer die waarde stabiel kan bly op byvoorbeeld 1 US$ dan het ons die perfekte alternatief vir die FIAT money (Fiat money is a currency established as money by government regulation or law) Ripple gaan die toekoms wees (glo ek en met my baie mense)
    Op hier die moment is dit tog interessant om te spekuleer en probeer bietjie geld te maak. Dawie Roodt praat van “speel met honderd rand” Dis bietjie min (dit is 0.002 bitcoin) want als ‘n mens wil probeer kan jy ‘n gratis aansluit by Plus500 (https://www.plus500.co.za/) waar jy ‘n gratis demo account kan vat en veilig kan gaan investeer in fondse of crypto. Jy sal elke minuut kan sien hoe loop jou “investerings”. As jy dan werkelik wil investeer dan kan jy dit by hulle aankoop. Dit kan ook by ‘n goeie maatskappy soos eToro.
    Wil jy gaan koop dan moet jy ‘n digitale wallet installeer op jou computer of apple/android selfoon. Jy kry dan ‘n unieke nommer (bijvoorbeeld rGzBa2bE9Y1X3CFR1ZPJeVanVAXmfnruiX) en dit is dan jou ontvangs/versend adres wat jy moet gebruik om te kan koop/verkoop (ehhh, dis my ethereum adres, tips are welcome)
    Gebruik geen online wallets, baie van hulle is fake en jy kan jou geld verloor.
    Speel ‘n bietjie, vat wat geld en koop maar wees versigtig, gebruik nooit meer geld as wat jy bereid is om te verloor.
    Good luck!

  14. Cobus
    Cobus

    Ek hou daarvan.

  15. Hennie
    Hennie

    gaar liewers water op.

  16. Johann
    Johann

    Ek glo hierdie tipe geld is ook veilig van state capture of nasionalisering. Kan jy dit gebruik om jou pensioen veilig te hou?

  17. Wessel
    Wessel

    Jy kan dit in n hardeware beursie sit en in jou klus bere wat verkieslik is . Hakkers kan dit dan gladnie steel nie en die regering sal ook nie daarvan weet nie . Jy kan dit dan net op n beurs sit as jy van dit will verkoop . Jy kan ook al jou geld uit die land vat en dit in enige ander land gebruik . Jy kan n luno beursie van die googel play store en appel itunes dan kan jy btc koop .kyk op youtube daar is baie om te leer Andreas Papadopulus het baie goeie vidios

  18. peet
    peet

    Baie Dankie Dawie vir jou kennis en did alryd lekker om na jou te luister

  19. Alf
    Alf

    Uitstekend gestel Dawie! Ons mense moet hulle self vergewis van hierdie tegnologie, en so spoedig moontlik! 5 Jaar gelede kon min mense en plekke ons help om Bitcoin te koop, maar vandag is daar ‘n magdom inligting. Wees baie versigtig en vergewis jouself eers mooi hoe alles werk deur met klein bedrag die water te toets. Kyk elke dag net vir 15 min na ‘n “youtube” video oor “blockchain”. Watter geldeenheid gaan bo uitkom sal die tyd leer, maar die “blockchain” is hier om te bly, en moenie verbaas wees as die Chinees in China dalk binnekort deur die Blockchain wil weet waar sy volstruisvleis, pekaneute en perskes vandaan kom, wat die volstruise gevreet het, en op watter plaas die volstruisvoer geproduseer is ens ens ens

  20. Rietha Swanepoel
    Rietha Swanepoel

    Baie insiggewend en beslis die inding vir die toekoms.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.