17 Augustus 2012

549 keer gelees | 2 kommentaar

Die grondoudit wat die staat moet voltooi, sal ook die hoeveelheid private grond in swart besit insluit.


Die nasionale grondoudit wat die staat tans onderneem om te bepaal hoeveel landbougrond al aan swart gemeenskappe oorgedra is, sal uitgebrei word om private swart grondbesit in te sluit.

Dít is bekend gemaak ná me. Agnes Qikani, ’n ANC lid van die parlement, ’n parlementêre vraag in die verband aan mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, gerig het.
 
Qikani wou weet in watter mate die beleid om slegs die grond wat aan voorheen benadeelde gemeenskappe oorgedra is, te meet, voldoende is om swart grondbesit te meet.
 
Luidens ’n berig in Die Burger het Nkwinti geantwoord: “Tot verlede maand het die grondoudit grond in private besit uitgesluit. Die insluiting van grond in private besit sal ’n omvattende blik op neigings in grondeienaarskap bied.”
 
Bevestig
Mnr. Mthobeli Mxotwa, Nkwinti se woordvoerder, het bevestig dat die nasionale grondoudit nou ook grond in private swart besit sal insluit.
 
“Daar word baie gepraat oor hoeveel grond deur die verskillende rasse besit word. Data van byvoorbeeld die Departement van Binnelandse Sake sal gebruik word om die ras van grondeienaars na te gaan,” sê Mxotwa.
 
Die oudit sal hopelik teen einde vanjaar voltooi wees.

Bron: Die Burger
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Mast

2012/08/19 12:56:21 PM

De gelijkheidsbeginsel is dat ieder individu in een bepaald land de zelfde rechten heeft.Verbazend is dat er nu naar kleur gekeken word betreffende grondbezit Dit druisd in tegen de regels van eertijds . Op deze manier word er weer apartheid in het leven geroepen,en veranderd er in principe dus niets en heeft men noch niets van voorgaande regeringen geleerd of men wil hier schoorvoetend toegeven dat het toen noch niet zo slecht was als men nu doet voorkomen.


mkruger

2012/08/21 09:54:07 AM

Ek hoop grond wat in swart besit was maar wat weer aan wittes verkoop is gaan ook by die syfers inaggeneem word.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights