Deur AMELIA GENIS
19 September 2012

680 keer gelees | 5 kommentaar

Prof. Ben Cousins het mnr. Gugile Nkwinti uitgedaag om ’n openbare debat oor grondsake en die beleid daaroor te voer.


“Meneer Nkwinti, sal jy asseblief ’n oop en gesonde openbare debat met ons kom voer?” het prof. Ben Cousins van die Instituut vir Armoede, Grond- en Agrariese Studies (Plaas), onlangs op ’n nasionale radiostasie gepleit.

Cousins sê die manier waarop beleid deesdae in Suid-Afrika gemaak word, verskil baie van die manier waarop dit in die 1990’s gewerk het. “Die afgelope paar jaar was dit selfs minder inklusief. Die enigste rede waarom ek dit in die openbaar sê, is omdat daar geen ander platform is om dit te sê nie.”

Cousins het gereageer op ’n vraag van prof. Johann Kirsten, hoof van die departement landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria, of hy nog betrokke is by die ontwikkeling van beleid oor grond.

Cousins, houer van ’n leerstoel in armoede-, grond- en agrariese studies van die Nasionale Navorsingstigting, was een van die genooide sprekers op Talkshop, ’n reeks lesings wat dié stigting met die samewerking van die radiostasie SAfm aanbied. Die ander spreker was me. Thoko Didiza, konsultant by die Archie Mafeje-navorsingsinstituut by die Universiteit van Suid-Afrika en vorige Minister van Landbou.

Regering nie volwasse
Cousins sê hy is wel na twee vergaderings van die werkgroep oor grondhervorming genooi, maar kon hy dit vanweë ander verpligtinge nie bywoon nie. “Hulle nooi jou ’n dag voor die tyd en verwag dat jy die volgende dag daar moet wees, so asof jy niks anders het om te doen nie.”

Aangesien daar verwag word dat besprekings op dié vergaderings binne die raamwerk van die groenskrif oor grondhervorming plaasvind, en hy probleme met die groenskrif het, meen hy selfs al sou hy die vergaderings bywoon, hy nie dink sy bydrae sal ’n verskil maak nie. “My ondervinding is dat ons Regering nie volwasse en kragtig/sterk is nie.”

Didiza het tydens die lesingreeks gesê grondhervorming vind te stadig plaas, maar dat daar nie met die Grondwet gepeuter moet word om dit te versnel nie. Volgens haar veroorsaak die manier waarop die groenskrif die hervorming van besitreg (tenure reform) hanteer, dat dié probleem wat soveel onsekerheid en kwesbaarheid veroorsaak, net uitgestel word.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Kobus Vermaak

2012/09/19 10:02:39 PM

Mnr Cousins moet eers gaan ervaar wat op die grond plaasvind , dan sal hy eers kan sien wat die regering al vermag het met grond hervorming. Minister Nkwinti vaar baie goed en hy implementeer hervorming op die regte manier.


Alwyn

2012/09/19 10:58:07 PM

Goeie dag Wat aanbetref die opstelling van die Groenskrif van Grondhervorming is dit n baie gekonsulterende proses. Dit word met al die betrokke partye (Opkomende boere, Landbou unies, Kommersiele boere ens)in Landbou en Grondhervorming bespreek. Ek dink nie dit kan enigsins meer konsulterend wees nie. Soos Prof Cousins reeds vermeld, u was al reeds genooi na 2 vergaderings.


FrikB

2012/09/21 11:02:29 AM

Die Regering kan veel vermag in terme van geloofwaardigheid deur sigbaar meer inklusief op te tree. @Alwyn: Prof Cousins bevestig dat hy twee maal genooi is, maar 'n dag voor die tyd. Moontlik doen jy so min dat jy altyd met een dag kennis beskikbaar is, maar meeste mense se dagboeke werk ongelukkig nie so nie. Het diegene wat die vergadering van die werkgroep reël werklik nie langer voor die tyd geweet wanneer dit gaan plaasvind nie, of word sommige kundige persone doelbewus eers 'n dag vooraf genooi om daardeur te probeer verseker dat hulle dit onmoontlik sal vind om die geleentheid by te woon en hulle ("ongewenste") inset sodoende dus nie gelewer en gehoor kan word nie. Ruik ek 'n rot?


Pieter Joubert

2012/09/21 05:31:42 PM

Ek sal graag vir prof wil vertel hoe grondhervoming in die Vrystaat gedoen word , maar daarvoor is hierdie spasie te min , dit is eerstehandse inligting en dit behels wat my werkers ondervind het ,.Ek twyfel of mnr Nkwinti ooit tot so n debad sal toetree


johan

2012/09/21 10:01:23 PM

Hoe word die sukses van grondhervorming nogal gemeet? En hoe gaan ons ooit weet wanneer daar genoeg hervorm is. Die oudits word dan nie gedoen nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights