6 Julie 2012

399 keer gelees | 0 kommentaar

Die Land Bank is opgewonde om onder andere dr. John Purchase as een van sy nuwe raadslede te verwelkom.


Onder die nuwe raadslede wat onlangs by die Land Bank aangestel is, is ook ’n bekende in landboukringe en ’n baanbreker in die landbou-sakewêreld.

Dr. John Purchase, hoof uitvoerende beampte van die Landboubesigheidskamer (Agbiz), sal voortaan in die raad dien, terwyl prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit, die raad ná jare se diens verlaat.

Luidens ’n verklaring is mnr. Lebogang Serithi, hoof finansiële beampte van die bank, ook ’n nuwe lid van die raad. Me. NP Mnxasana, ’n nie-uitvoerende direkteur van die bank en ’n geoktrooieerde rekenmeester en mnr. BP Mathidi, wat reeds jare lank in die raad dien, is heraangestel.

Opgewonde
Mnr. Phakamani Radebe, hoof uitvoerende beampte van die bank, sê hulle is opgewonde om met die nuwe raadslede saam te werk.

“Ons glo die nuwe raadslede sal die balans tussen die lewer van dienste ten opsigte van ons ontwikkelingsmandaat en die verskansing van volhoubare sakepraktyke binne ’n finansiële instelling vur die landbou bevorder,” aldus Hadebe.

Die nuwe raad is van 5 Julie 2012 af in diens.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights