Pyl wild met hommeltuig!

Deur Jan Bezuidenhout
8 Augustus 2016
ʼn Nuutjie is ʼn pylgeweer gemonteer op ‘n hommeltuig om wild bekostigbaar en vinnig uit die lug te pyl.

‘n Bekende vervaardiger van hommeltuie in Potchefstroom het ‘n splinternuwe pylgeweer ontwikkel met ‘n kinkel: Die pylgeweer is gemonteer op ‘n hommeltuig om wild bekostigbaar en vinnig uit die lug te pyl.

Die pylgeweer, wat met lugdruk werk, gebruik ‘n hoë-definisie kamera toegerus met ‘n laserstraal wat help om skote uiters akkuraat te kan plaas deur die kameravisier. Die vlieënier dra ‘n spesiale elektroniese bril waardeur hy kyk na sy teiken vanuit die lug terwyl hy die bok volg met die hommeltuig.

Wanneer die vlieënier sy kop draai, draai die geweer en hommeltuig saam in die rigting waarin hy kyk.

Pylgeweer met twee lope
Die pneumatiese pylgeweer het twee lope, wat twee skote toelaat per vlug. Die sneller word geaktiveer vanaf die vlieënier se handkontrole terwyl hy die hommeltuig vlieg. Die geweer is ontwerp om wild of vee te pyl met ‘n verdowingspyl, maar met ‘n geringe aanpassing kan die hommeltuig ook verfballe of traangas skiet.

Die pylgeweer kan ‘n afstand van 30 meter en verder skiet afhangende van die lugdrukopsie wat uitgeoefen word wanneer die pyle gelaai word.

“HAEVIC het met hierdie unieke hommeltuig-toepassing ‘n uiters nodige produk aan die wildboer, wildvanger en veearts verskaf.  Dis bekostigbaar en kan veilig in die wild- en landbou-industrie gebruik word”, sê dr. Gerhard Coetzee, hoof uitvoerende beampte van die maatskappy.

Navrae: Skakel HAEVIC gedurende kantoorure by (018) 2851291, of stuur ‘n e-pos na info@haevic.co.za .


Kommentaar

Kommentaar (25) “Pyl wild met hommeltuig!

  1. Kobus Laubscher
    Kobus Laubscher

    Uitstekend!

  2. Francois van Niekerk
    Francois van Niekerk

    Stuur vir my meer inligting oor die homeltuig met die pyl geweer asb.na my epos adress asb. dankie
    francoisvn@r63.co.za

  3. Connie Du Toit
    Connie Du Toit

    Will graag meer inligting bekom. By prys , en kan ñ phantom 3 ombou word?
    connie@nashuaisp.co.za

  4. Schalk
    Schalk

    Op die langeduur baie goedkoop en bekostigbaar

  5. Lourens Olivier
    Lourens Olivier

    Wat kos hierdie plesier?

  6. James
    James

    Stuur vir my meer inligting en pryse asb
    jamesleroux7@gmail.com

  7. Manie Beukes
    Manie Beukes

    Stuur asb meer inligting.
    hbeukes12@telkomsa.net

  8. Wildvanger
    Wildvanger

    Dit sal skitterend wees.
    As mens net ‘n dier, soos bv. njala, kan dophou nadat die pyl in is; om te sien waar die dier of gaan lê of wegkruip – Sal dit reeds een enorme voordeel teen groot kostebesparing wees.

  9. Gerhard Coetzee
    Gerhard Coetzee

    Baie dankie aan elkeen wat navraag doen!

    Ons het ‘n stroom navrae ontvang en is besig om elke navraag persoonlik te beantwoord.

    Ons hou elkeen op hoogte van die nuutste verwikkelings!

  10. Reinier
    Reinier

    Sal julle ook vir my prys en meer inligting kan epos asb?
    snymang@gmail.com

  11. Willie Roos
    Willie Roos

    Great plan.Stuur asb meer info vir my na info@willieroos.co.za

  12. Danie
    Danie

    Kan jy asb vir my meer inligting stuur : vandanie@gmail.com
    Baie dankie

  13. Lou vd Westhuizen
    Lou vd Westhuizen

    Stuur asb meer inligting asb – ongelooflike idee

    • Jan Bezuidenhout

      Lou, die kontakbesonderhede is hierbo.

  14. Jan
    Jan

    Meer inligting asb

  15. Martin Rautenbach
    Martin Rautenbach

    Kan julle asb meer inligting , prys ens aanstuur na my e-pos. Die metode sal baie problem oplos.

    • Jan Bezuidenhout

      Martin, die adres is hierbo.
      Groete

  16. toi lubbe
    toi lubbe

    Kan jul asb pryse en meer inligting stuur dankie

  17. Babe
    Babe

    Kan jy asb vir my meer inligtin stuur: babes@nwisp.co.za

    Baie dankie

  18. Johan
    Johan

    Gee meer Inligting asb Dankie

  19. Anne-Mari Scheepers
    Anne-Mari Scheepers

    Kan ek meer inligting kry oor die produk asb.
    epos fanacarabiere@gmail.com

  20. Willem Oosthuizen
    Willem Oosthuizen

    Ek sal graag wil sien dat die verdowingspyl op stropers in die natuur reservate gebruik word. Die stropers sal banger wees vir die drone en sy pyle as die loop van ‘n geweer.

  21. Jan Swanepoel
    Jan Swanepoel

    Stuur asb meer inligting en prys van homeltuig met toerusting?
    jan.swanepoel62@gmail.com

  22. Willem Wilkinson
    Willem Wilkinson

    Stuur vir my inligtig en prys asb
    willemwesselsrust@gmail.com

  23. Roelf van Rooyen
    Roelf van Rooyen

    Wil julle nie n boeredag reel om te demostreer hoe n bok raakgeskiet word en gevolg word nie?
    Julle sal sekerlik n goeie opkoms kry en dalk nog n paar bestellings ook.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels