29 September 2011

945 keer gelees | 0 kommentaar

Voertuighandelaars het tot die stryd teen renosterstropery toegetree en wil R5 miljoen in een jaar bydra, sê Sanparke.


Voertuighandelaars het tot die stryd teen renosterstropery toegetree en wil R5 miljoen in een jaar bydra, sê Sanparke.

Luidens ’n verklaring gaan 13 handelaars van Unitrans se Volkswagen- en Audi-afdeling R500 van elke voertuig wat hulle voortaan verkoop aan Sanparke se teen-renosterstropingstrust skenk.

Die geld sal aangewend word vir die stryd teen stropers in die land se nasionale parke. Die inisiatief is Woensdag (21 September 2011) in Johannesburg bekend gestel. Op die geleentheid is ’n aanvanklike skenking van R500 000 aan Sanparke oorhandig.

Volgens voorlopige berekeninge verwag Unitrans om tussen R400 000 en R450 000 per maand in te samel. Sou die mikpunt van R5 miljoen in een jaar bereik word, sal dit die grootste enkele donasie nóg wees wat Sanparke ontvang het.

Bewaarders

Tydens die bekendstelling is ’n samewerkingsooreenkoms ook deur mnr. Giju Varghese, die hoof van sake-ontwikkeling by Sanparke, mnr. Steve Keys, hoof uitvoerende beampte van Unitrans en mnr. Janssen Davies, voorsitter van die nasionale uitvoerende komitee van Sanparke se ere-wildbewaarders onderteken.

In ’n poging om bewaarders op dieselfde vlak toe te rus as stropers, het Unitrans twee Amarok-viertrekbakkies aan Sanparke beskikbaar gestel. Die groep meen deur bewaarders by te staan om die ongelykhede wat tussen hulle en stropers bestaan op te los, kan die stryd makliker gewen word.

Volgens mnr. Ken Maggs, verteenwoordiger vir Sanparke, word tans geskat dat Suid-Afrika vanjaar sowat 400 renosters weens stropery gaan verloor.

Dié syfer staan tans op net meer as 300 diere wat reeds vir hulle horings doodgemaak is. Sedert 2007 het dié misdaad skerp toegeneem. Net 13 renosters is in dié jaar dood gemaak.

29 September 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights