Deur NICO VAN BURICK
12 April 2012

1304 keer gelees | 1 kommentaar

As die stropery van renosters nie gestuit word nie, sal dié diere binne die volgende vyf jaar nog net op R10-note te sien wees, waarsku die SAJWV.


As die grootskaalse stropery van renosters in Suid-Afrika nie gestuit word nie, sal dié diere binne die volgende vyf jaar nog net op R10- note te sien wees, waarsku die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV).

Dr. Herman “Krappies” Els, die vereniging se bestuurder van jag en bewaring, sê om ’n kommersiële waarde daaraan te heg, is die enigste manier om bedreigde diere, soos renosters, van uitwissing te red.

“Die boodskap is duidelik: Waar wild op ’n volhoubare manier wêreldwyd benut word, vermeerder die getalle omdat dit waarde as ’n hulpbron het. Ons verloor ons renosters weens ’n denkwyse wat deur drukgroepe by Cites (die Konvensie op die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies) op ons afgedwing word.”

Druk op Cites
Die SAWJV vra die Regering om volgende jaar op Cites aan te dring dat die verbod op die internasionale handel in renosterhorings opgehef word. Volgens Els is daar sowat R10 miljard se renosterhorings in kluise in Suid-Afrika en sowat 400 tot 500 renosters vrek jaarliks weens natuurlike oorsake.

Hy meen dit kan in ’n groot deel van die mark voorsien en ook help om vir bewaring te betaal. “Volhoubare benutting is die enigste, realistiese manier om bewaring in ontwikkelende lande te bestuur omdat bewaring dan vir die bevolking ’n regstreekse voordeel inhou en vir homself betaal.”

Hy het daarop gewys dat armoedeverligting, sowel as die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die bevolking, die Regering se voorrangsake is. “Bewaring is nie ’n voorrangsaak in begrotings nie en die Regering kan nie daarvoor kwalik geneem word nie.”

12 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Dawie Wiesner

2012/04/13 08:59:59 AM

Dis nie nodig om kommersiele waarde aan renoster horing te koppel nie omdat dit klaar kommersiele waarde het.Dit is slegs nodig om die handel daarin te wettig omdat daar klaar 'n mark is. Perlemoen word byvoorbeeld bedreig ten spyte daarvan is daar wettige kwotas waarvan die inkomste bydra tot die bewaring en voortbestaan van perlemoene. Die aanslag op ons renosters word gedryf deur 'n mark aanvraag, wat nie bevredig word deur 'n wettige aanbod van renosterhorings nie.'n Tipiese vraag en aanbod scenario.Die geld in die hande van die (onwettige klient)is meer as die in die hande van die bewaarders.Stropers het meer geldelike hulpbronne as die bewaarders. Dis maklik om te sien waar dit gaan eindig.Verder dikteer die konsep van vraag en aanbod dat die prys van renosterhoring gaan aanhou klim solank die aanbod klein en onwettig bly. Bewaarders veral private eienaars het reeds nie genoeg finansiele hulpbronne om hulle renosters te beskerm nie daarom raak private eienaars van hulle renosters ontslae wat die voortbestaan van renosters 'n verdere knou gee. Indien handel in renoster horing wettig was sou beide private eienaars en Nasionale Parke markverwante pryse vir hulle diere en horings op'n oop mark kon kry. Maak dit nou saak waarvoor dit gebruik word, solank daar 'n markverwante prys voor betaal word.Deur renosterboerdery 'n finansiele lewensvatbare bedryf te maak sal die voortbestaan van renosters verseker word. Die alternatief van 'n vrye mark sal wees dat die staat renoster eienaars moet subsidieer op gelyke vlak as wat hulle in 'n vrye mark sou kry om ons erfenis te beskerm. Dan is daar diegene wat jagters beskuldig daarvan dat hulle net links en regs doodskiet en verantwoordelik is vir bedreiging van die renoster se voortbestaan.In die Kruger Wildtuin word dit uitdun genoem wanneer Olifante doodgeskiet word om getalle te beheer en nie jag nie. Vir dieselfde rede is die stroop van renosters nie jag nie. In ons tyd is die term jag iets wat 'n aktiwiteit beskryf wat wettig en volhoubaar as 'n instrument van bewaring tydens 'n tipe vakansie of as 'n soort beoefen word.Daarom is dit 'n mistasting wanneer die pers of enige iemand anders berig renosters is deur onwettige jagters doodgeskiet. Die oomblik wanneer jag onwettig is is dit nie meer jag nie maar stroop. Die oomblik wanneer sex onwettig is is dit verkragting of molestering, daar bestaan nie iets soos onwettige sex nie. Dan is daar die kwessie van "life cut" renoster horings wat 'n beter prys kry as die van diere wat reeds dood was met die verwydering van die horing.In Suid Afrika waar die handel in mense organe vir muti miljoene der miljoene in 'n jaar beloop behoort die owerhede te verstaan hoekom "live cut" gesog is. Net soos likkewaan vet en Uil vere geen medisinale waarde het nie glo die grootste deel van ons bevolking steeds dat dit wel van medisinale waarde is.Wanneer muti geoes word van 'n mens of dier word geglo dat dit geen krag het wanneer 'n slagoffer reeds dood is nie.Dit gaan oor meer as net die orgaan, 'n stukkie van die slagoffer se siel moet saam met die orgaan geoes word om dit krag te gee. Dit geld ook vir renoster horings. Die seksuele simboliek van die horing wat die manlike orgaan simboliseer is sterker indien die renoster horing lewendig geoes word.Dit is niks anders as Oosterse muti nie. Vir die rede gaan reklame veral die wat renoster slagtings se brutaliteit grafies uitbeeld eerder die Oosterse gebruikers daarvan oortuig dat hulle renoster horings "live cut" is maw presies is wat hulle wil he. Omdat horings wat wettig van lewende diere onder beheerde omstandighede geoes word as "live cut" verhandel kan word is die finansiele geleenthede vir Suid Afrika enorm. Dit kan 'n groot belasting inkomste sowel as baie werk in die bewarings bedryf skep wat die voortbestaan van die renoster sal verseker.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights