Deur ALANI JANEKE
28 Junie 2012

430 keer gelees | 1 kommentaar

Die reën van die afgelope twee weke in die Wes-Kaap en die binneland bring weer hoop vir koringboere, sê Graan SA.


Koue en baie nat toestande het die afgelope twee weke in die Wes-Kaap en dele van die binneland voorgekom en volgens 'n opname wat Agri Wes-Kaap gedoen het, het boere in die Cederberg tot 250 mm reën gemeet.

Ander dele, soos die Karoo en Caledon, het 10mm of minder reën aangeteken. Boere in die provinsie verwelkom  egter enige reën. Vrugte- en wingerdboere is ook dankbaar oor die koue toestande wat die bome en wingerde 'n kans gee om goed te rus.

In al 18 die provinsie se distrik is nog geen storm of koue skade aangemeld nie.

Koring belowend in Suid-Kaap

Intussen sê mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA, die koringaanplantings in die Suid-Kaap lyk baie belowend en 'n gemiddelde oes word daar verwag. “Oor ander dele is ons wel bekommerd, want dit lyk of baie boere weens die droogte te laat geplant het.”

Volgens Theron lyk die moontlikheid vir 'n groter as verwagte koringoes uit die Oos-Vrystaat goed. “Daar is bietjie gunstigee nuus wat ons uit Reitz, Clocolan en Bethlehem se distrikte kry met die reën wat daar geval het.” Dié reën het verskeie boere, wat vroeër gedink het dit sal nie moontlik wees om te plant nie, in staat gestel om wel so te maak.

“Die gunstige klimaatstoestande maak dat ons weer vir baie dinge kans sien,” vertel Theron.

Opflikkering van pryse
Wat koringpryse betref, beleef die plaaslike bedryf ook 'n opflikkering met koringpryse wat weens die impak van die droogte in Amerika die afgelope weke met R100 per ton gestyg het. 'n Wag-en-sien-benadering is egter steeds op die voorgrond met onsekerheid oor plaaslike pryse.

Theron verwag steeds, ten spyte van die beter toestande, dat sowat 60% van die land se plaaslike verbruik ingevoer sal word.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/06/28 08:01:14 AM

Die reen in die wes kaap was fantasies !! Nog nie regte kaapse winter, maar boere is dankbaar.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights