Deur ISABEL STOLTZ
22 Junie 2012

369 keer gelees | 0 kommentaar

Die Regering en die landbou behoort eintlik strategiese vennote in die handel te wees, sê kenner van internasionale regulasies oor voedselveiligheid.


Dit is belangrik dat die Regering bedryfsorganisasies in die landbou erken en produsente bemagtig, nie net reguleer nie.

Hy behoort die landbou se strategiese vennoot in die handel te wees, het mnr. Kobus Hartman, kenner van internasionale regulasies oor voedselveiligheid en chemiese residu, op die Plantbeskermings- en Dieregesondheidsvereniging (Avcasa) se kongres buite Benoni gesê.

Die produksie en uitvoer van vars produkte word toenemend ’n knelpunt weens verskeie redes, soos die weer, ’n tekort aan produksiegrond en water. Dit is moeilik om in ’n mededingende bedryf op die voorpunt te bly as vermoë en opleiding by beleid- en wetmakers ontbreek.

Dr. Bernard Johnen, direkteur van regulatoriese beginsels by CropLife Internasionaal, het gesê sowat 40% van geproduseerde voedsel word jaarliks vermors weens siektes en plae, terwyl verbruikers aandring op oesbeskerming met die minste risiko.

Regulering is die sleutel
Regulering is die antwoord om in albei se behoeftes te voorsien, maar dit moet op ’n wetenskaplike basis berus om vertroue in te boesem. Johnen sê ’n universele benadering vir die beginsels van regulering is nodig om te keer dat die kleinhandel sy eie, private standaarde afdwing.

“Kettingwinkels, soos Sainsbury’s en Marks & Spencer, wat soos reguleerders optree, is irriterend.”
 CropLife SA het ’n webwerf ontwikkel om produsente by te staan met ’n strategie vir gewasbeplanning wat die gebruik en residu risiko’s van chemiese beheerprodukte aandui. Agri-Intel word in Desember bekend gestel.

Meer as 1 800 etikette vir landbou- chemiese inligting is verwerk vir inligting oor aktiewe bestanddele, handelsname en registrasienommers en meer as 88 verskillende vrugte- en kontantgewasse is reeds op die databasis.

Ander kommoditeite sal in die toekoms bygewerk word. Die behoefte is uitgespreek vir ’n soortgelyke databasis vir dieregesondheidsmiddels.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights