deur ISABEL STOLTZ
14 Junie 2012

1934 keer gelees | 11 kommentaar

Die Regering is nie eerlik oor die teruggee van grond nie, sê die ANC-LP, mnr. Salam Abram.


Die staat koop baie plase en nasionaliseer reeds die land daarmee omdat dié grond sy eiendom bly en nie oorgedra word nie, het mnr. Salam Abram, ANC-LP, op Avcasa se gala-dinee buite Benoni gesê.

Salam het kaalvuis onder die Regering ingeklim en gesê hy pas sosialisme toe en meng in op terreine waarvan hy niks weet nie. As voorbeeld het hy die wolbedryf gebruik en gesê dit is belaglik hoe politici dié bedryf wil reguleer terwyl hulle duidelik niks van die biologiese werklikhede van die landbou verstaan nie. Dit geld ook die gesukkel om chemiese produkte geregistreer te kry.

"Daar is uitstekende amptenare in die staatsdiens, maar die grootste aantal amptenare in alle departemente dink eerder aan redes hoekom iets níe gedoen moet word nie as om dit te pak en die werk te doen."

Hy sê daar is te min mense in die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die portefeuljekomitee wat die landbou ken en verstaan. Die portefeuljekomitee moet dit sy taak maak om soveel moontlik van die bedryf se probleme op alle vlakke onder die Regering se aandag te bring, het hy gesê.

Haal politiek uit die landbou

"Ons moet by die punt kom waar politiek uit die landbou gehaal word en van alle boere wat iets produseer, as landbouers gepraat word."

Hy het veral te velde getrek oor die dilemma van politieke aanstellings wat nie die kundigheid het nie en gesê die land gaan nêrens kom met dié benadering nie. Hy het ook uitgevaar oor die gebrek aan ondersteuning vir plase waarop begunstigdes gevestig word, wat veroorsaak dat die grond uit produksie verdwyn.

Op dié plase gaan niks aan nie en dit skep 'n verdere veiligheidsrisiko in landelike gebiede wat reeds onder druk is omdat "tweebeen-roofdiere" daardeur makliker toegang tot ander plase kry.

Salam sê almal in die land moet daarna streef om uitnemend te wees en hulself onmisbaar maak. "Daar is 'n totale verandering van gesindheid op alle gebiede in die land nodig," sê hy.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, het in reaksie op die toespraak gesê: "Mnr. Salam het baie goed daarin geslaag om ’n bepaalde verantwoordelikheid in die landbou korrek te plaas.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Kabous

2012/06/14 03:58:50 PM

Give that man a Bells!


Naas

2012/06/14 05:10:04 PM

Maak hom sommer president,hy weet meer wat aaangaan en waar die kos vandaan kom.


Johan

2012/06/14 07:31:10 PM

Goedgese, maar miskien moet Mnr. Abram sy kleinhoewe in Benoni opruim.Dit word beset deur onwettige dwelmsmouse en is n skuilplek vir 'tweebeen roofdiere' wat ons veiligheid in Northmead en Rynfield bedreig.


Hasie

2012/06/15 10:22:43 AM

Hoop net die ANC het ook gehoor?!


Liza

2012/06/15 11:02:08 AM

Ek is vrou maar boer my hart uit. Het swaar groot geword. Toe trou ek met iemand wat in my geglo het. Hy het my kans gegee op sy grond en in 4 Jr en R7000 ,is my beesboerdery 32 bonsmara sterk en 3 pinto x Fries perde. En so boer ek. Wat my wens is om my woe grond te he omte boer. maar net buite Ventersburg was n prag plaas wat in menisupale besit boot Jr einde 2011,van sy deure,venster tame en toe dak beroof. Was n netjiese volledege huis. Regering win plase vir groot manne ,en dan nie omte boer nie maar net omte bly. Regering mors geld op naam verandering(wat elk geval wys dis n radar haat) terwyl miljoene aan die gespandeer word onnodig mense laat honger ly. Krediet wet maak boere dood, produseerders moet meer steun kry. Daar is min positiewe punte in die land oor. Anc doen glad nie een man maak mag,is meer rasisties as wat ons was. Als wat met swart gebeur het,het met wit ook gebeur, dood maak,vroue verkrag ,swak diens. Anc soek grond maar is beruid om n chinese of ander volk te laat deel in die klein stukkie paradys. Hoe dan nou en diens is swak


BenKonnek

2012/06/15 11:03:41 AM

'n Verskuilde agenda in alles wat ANC regering doen - Hektaar op hektaar grond is regdeur die land in 'n toestand nadat sg.grondeise in werking kom.Die ware feite word verdoesel - hoeveel grond behoort aan vorige trust gebiede en tradisionele leiers? Hoeveel ANC jeug wil gaan boer en meer belangrik hoeveel kan? Grond gekoppel aan blatante rassisme word net as 'n politieke speelbal gebruik. Die negatiewe gevolge gaan nog lank die land en sy mense knie-halter.


Gerhard

2012/06/15 12:26:46 PM

Snaaks dat ek tot vandag nog niks op die elektroniese nuus (TV) van sy uitspraak gehoor het nie.Het ek dit gemis of word dit doelbewus weggehou?


Wessel

2012/06/15 12:47:29 PM

Welliswaar maak een swaeltjie nie die somer nie. Kom ons hoop en BID dat die idioom van die mostertsaadjie sal geld. As dit uit die man se hart kom moet daar nog goeie dinge uitkom, nie net by hom nie, maar ook by die die ander rolspelers. Ek hoop en glo so. Wessel


Sonja Pienaar

2012/06/16 12:14:17 PM

Volgens my is daar net een oplossing oor die grond en dis alle grond in RSA, stedelik, dorps en plaasgrond. Ons grond en erf belasting moet uitbetaal word aan die Khoisan, nie die Munisipaliteite, Provinsiale of Regering nie. Dis die regmatige eienaars van alle grond in RSA. Met die geld kan hulle dan uitsoek plase aankoop waar hulle wil teen watse prys hulle wil. Die infrastruktuur moet ongelukkig om dit haalbaar te maak en korrupsie uit te skakel geprivatiseer word. Sels gemeenskappe self, sal beter doen as hudige stelsel.Daar gaan in-elk-geval niks aan nie. Dit help nie om grond by "wit" mense te onteien nie, want oor 300 jaar het sy agter-agter kleinkinders weer 'n eis.


UBoer

2012/06/19 09:30:34 PM

As daar nou 'n sotheid Saterdag gepraat is, is Sonja Pienaar die wenner.


Dirk

2012/06/22 08:41:56 AM

Na vier afsprake wat nooit plaasgevind het nie,moes ek by die tweede poging hoor dat "I'm on leaf phone me on the day when I am back"sit ek steeds en wag vir amptenare. Om alles te kroon het hulle nou nog nie opgedaag nie.Ek het seker gemaak dat ek my gereed kry vir grondhervorming.Ek het 'n landbou deploma ontvang,in 2007 junior plaaswerker en in 2011 kampioen toekenning verower in die Oranje rivier streek. Ek is nodig in landbou, maar moet nou uitgaan omdat dit nogal lyk of daar tog 'n verskuilde agenda is. So ek gaan nou moet ontslae raak van die grond voordat die goeie naam wat ek opgebou het gedaan gemaak word deur mense wat nie weet hoe om hulle werk te doen nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights