Deur MARLEEN SMITH
9 Julie 2012

779 keer gelees | 1 kommentaar

Die Regering het as deel van sy program vir die bestryding van indringerplante 30 ton slangbosgif gekoop.


Slangbosgif sal aan Vrystaatse boere uitgedeel word op plekke waar dit die grootste slag teen dié indringer kan slaan. Slangbos het die afgelope dekade meer as die helfte van Suid- Afrika se grasveld-bioom ingedring.

Dit word as een van die ernstigste bedreigings vir die volhoubare reproduksie op veld beskou, en is vinnig aan die versprei. Talle maatreëls is al in die stryd teen slangbos ingespan, maar die enigste werklik suksesvolle beheermiddel tot dusver is onkruiddoders.

Me. Debbie Sharp, adjunk-direkteur van natuurlike hulp bronprogramme by die Departement van Omgewingsake, sê haar departement het ingevolge ’n ooreenkoms met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye 30 ton van die gif gekoop. Dit sal eweredig oor vyf Vrystaatse distrikte versprei word.

Nasionale program
Dit is deel van ’n nasionale program wat omgewingsake begin het om grondeienaars in sekere gebiede van onkruiddoder te voorsien as hulle bereid is om die arbeidkoste van die skoonmaakwerk te betaal.

Die slangbos-projek word saam met die provinsiale streekkantoor bedryf om seker te maak dat die nodige vereistes nagekom word en dat die grondeienaars wat die onkruiddoder ontvang, die voorgeskrewe proses volg.

Grondeienaars moet daarom aansoek doen en landbou-amptenare sal in Augustus besluit aan wie die gif toegeken word. Dit sal betyds versprei word om teen einde vanjaar, in die groeityd, toegedien te word. Die grondeienaars sal self vir die toediening verantwoordelik wees en moet hul werkers of werkers uit die plaaslike gemeenskap gebruik.

Aansoekvorms kan van Landbou se streekkantoor in die Omni-gebou in Aliwalstraat, Bloemfontein, bekom word. Die kantoor kan gebel word by tel. 051 401 2601, of ’n grondeienaar kan by sy plaaslike voorligter navraag doen.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Attie Dannhauser

2012/07/11 11:22:48 AM

Assseblief ...die gif sal baie welkom wees aangesien groot dele van my weiding ingeneem is deur slangbos!!!! Daar is hoë kostes aan die gifspuitery verbonde ...so ons sal die regering se bydrae verwelkom.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights