Deur ALANI JANEKE
7 September 2012

1071 keer gelees | 8 kommentaar

Die moratorium op hidrobreking en skaliegasontginning wat sedert verlede jaar gegeld het, is deur die kabinet gelig.


’n Aankondiging dat die moratorium op hidrobreking en die ontginning van skaliegas gelig is, is nie ’n verassing nie, sê die Treasure the Karoo Aksiegroep (TKAG).

Dié aankondiging is op Vrydag 7 September 2012 gemaak.
 
Mnr. Jonathan Deal, voorsitter van die TKAG, sê hy is reeds oor die besluit ingelig, en dat die groep enige aansoeke vir prospekteringslisensies in dié verband in die land op elke moontlike manier sal teenstaan. “Dié stap maak Suid-Afrika se grense oop vir baie meer maatskappye wat deel wil hê aan die land se sogenoemde skaliegasrykdom.
 
“Die Minister (me. Susan Shabangu, Minister van Energie), stuur daarmee die boodskap aan die wêreld uit dat Suid-Afrika oop is vir besigheid,” aldus Deal.
 
Konsultasie
Volgens Deal het die Minister aangedui dat al is die moratorium gelig, ’n konsultasieproses met gemeenskappe sal plaasvind voor lisensies toegeken word. “Hoekom het dié konsultasies nie plaasgevind vóór ’n besluit oor die moratorium geneem is nie? Dit maak nie sin nie!”
 
Volgens Deal ignoreer die staat die feit dat dié mynmetode en die ontginning van skaliegas deur miljoene mense wêreldwyd teengestaan word.

“Hulle ignoreer ook die navorsing wat deur soveel wetenskaplikes gedoen is en wat die ongunstige resultate wys. Hoekom wil Frankryk en Bulgarye dit nie toelaat nie? Hoekom bestaan daar in Duitsland, Switzerland en die Tseggiese Republiek moratoriums daarop, maar dit word Suid-Afrika toegelaat?”
 
Met dié stap dui die staat aan dat hy desperaat is om werksgeleenthede te skep, merk Deal op. “Ek het ’n groot vrees dat dit enorme skade in die land kan aanrig as dié mynmetode toegelaat word en onderweg is.”
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Atforest

2012/09/07 11:39:18 AM

Ons het goedkoper gas nodig.


Atforest

2012/09/07 11:40:42 AM

Ons benodig gas


Willem Naude

2012/09/07 11:46:04 AM

Die ministers worry lankal nie meer oor die boere en die land nie. Hul neuk als op en gee als weg dit neem net bietjie tyd aangesien hul nie vinnige denkers is nie.Hul is te onnosel om uit te werk hoeveel skade dit gaan en kan veroorsaak, sodra die boere mense moet begin afdank oor daar skaliegas lisensie vir die plase toegeken word dan word die boere weer geteiken en dood gemaak en honderde mense word toegevoeg tot die reeds stygende werkloosheid syfer. als wat verkeerd gaan is altyd die boer se skuld die rgerings amptenare leef in weelde en kry hope geld om niks te doen, hul werk net vir hul eie sak. Vir die boere voel hul minner as niks, lankal hul sal dit nooit se nie. Sterkte aan al die boere in die mooi land wat binnekort soso die woestyn gaan lyk.


Kwapie Scheepers

2012/09/07 12:05:57 PM

Moenie dink ons sal "goedkoper" gas kry nie! 70% van die brandstofprys is in elk geval belasting op een of ander manier. Sekere dele is net versteek in die manier wat hulle kamma die prys bepaal. As mens gas koop, sal jy agterkom dat die prys altyd opgaan, maar nooit afkom nie. Dit is meer as dubbeld die prys van diesel per kg. (vir min of meer dieselfde verhittingswaarde.) Die skade wat die kraking kan aanrig sal onomkeerbaar wees. Die groot maatskappye het geen belang in die Karoo nie, so hulle gee nie om as hulle 'n vernietigde omgewing agterlaat nie. Daar is geen kennis of integriteit in die regering nie. Hoe sal hulle weet of dit skadelik al dan nie is? Dit gaan vir hulle net oor "kickbacks". Daar is nie een wat nog nie omgekoop is nie. Hulle is net gepla oor hulle eie sakke.


Gert.j

2012/09/07 12:22:45 PM

Verwag om nog baie soortgelyke besluite te sien wat deurgedruk gaan word voor die "groot" beraad in Desember , "manne" is besig om hulle pensioen te verseker ........


butch

2012/09/07 01:28:56 PM

Ons moet darem nie so na-ief wees om te dink die verbruiker wat sal hier score nie - hier is net een party wat sal score en dis die regering en sy kaders - die verbruiker sal deur sy nek betaal vir hierdie oefening - dis net nog inkomste vir die staat , want die minerale/gas is tog sy eiendom ! Van beloftes aan die gemeenskappe sal boggerol van kom !


t mey

2012/09/07 04:07:16 PM

ek wonder wie het hoeveel onderdeur die tafel gekry vanaf die belangstellende maatskappye, om die besluit te neem? dis mos hoe ons regering sake doen


Ouma

2012/09/09 06:22:27 PM

Jip. Niemand sal in die pad staan van die Nuwe Wereld Orde (Rockefeller + Rothchild) bende nie. En gelukkig vir hulle is die regering van die dag maklik omkoopbaar met 'n paar rand in die sak. Mag en die beheer van die wereld se energiebronne is die no 1 prioriteit vir die NWO. Soos met Amerika en Europa gaan, en sal hulle maak net soos hulle wil. Ons land is gestroop van al die goud waarvan minder as 40% teruggeploeg is in die land. Dieselfde gaan nou gebeur met ons ander bronne. Jammer mense ek en jy het geen se in hierdie saak nie!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights