Deur THEUNS BOTHA
8 Augustus 2012

793 keer gelees | 1 kommentaar

Die regering moet die verantoordelikheid dra vir swak administrasie en korrupsie, reken mnr. Johannes Möller.


Die Regering moet die verantwoordelikheid  dra en doelgerig optree om die vlaag van swak  administrasie, onnodige burokrasie  en korrupsie op alle regeringsvlakke hok te slaan, het mnr. Johannes Möller, voorsitter  van Agri SA, op Agri Oos-Kaap se kongres op Jeffreysbaai gesê. 

“Om die skuld op sogenaamde kapasiteitstekorte of op die verlede  te pak, dra gewoon nie meer  water by die publiek en belastingbetalers  in besonder nie. 

“Infrastruktuur wat verval, waterhulpbronne wat vanweë  munisipale onbeholpenheid oor  ’n wye front aan uiterste besoedeling blootgestel word en selfs die  onvermoë om skole van handboeke  te voorsien, is onaanvaarbaar.” Volgens hom wil Agri SA nie  net op die kantlyn staan en kritiseer  nie.

Voedselsekerheid baie belangrik
“Ons verstaan die probleme waarmee die Regering te doen het. Daar moet egter ook besef  word dat die produksie van kos  wêreldwyd binne 30 jaar sal moet  verdubbel om in ’n redelike mate voedselsekerheid te verskaf.  “Suid-Afrika sal dié werklikheid  nie kan ontsnap nie. Daar  kan nie toegelaat word dat plaaslike  landbou-hulpbronne vir politieke  opportunisme opgeoffer word nie”, het Möller gesê. 

Hy sê plaaslike landbouleiers  moet voortdurend vrae beantwoord  oor die voortsetting van  boerdery-bedrywighede in Suid- Afrika.  “Niemand kan die toekoms met sekerheid voorspel nie, maar dit  is duidelik dat daar wel realisme  by die Regering bestaan oor die noodsaak om die kommersiële  landbou in stand te hou. 

“Daarsonder sou die benadering  tot die landbou en spesifiek  grondhervorming veel anders  tydens die onlangse konferensie  van die ANC verloop het,” meen  Müller.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/08/08 01:36:30 PM

Mnr Moller, ek reken hierdie is 'n bal wat meeste van ons mis slaan! Met respek meen ek dat dit hoegenaamd nie by die regering 'n prioriteit is om sy lede , amptenare en kaders te stop met die pleeg van korruksie en stroping nie. Hy kan dit ook nie stop nie , want hy kan nie die DNA van sy lede verander nie. Dit is ook die gevoel van 'n uiters bekwame en wel ingeligte Me Rhoda Kadalie en volgens my mening die rede hoekom sy in VSA gaan hervestig. Waarskynlik is dit slegs 'n geval van die anc se tyd wat moet uitloop en daarvoor moet alle regdenkende suid afrikaners kragte saamsnoer om van hierdie euwelse kaders ontslae te raak en alle pogings denkbaar en tot ons beskikking aanwend om 'n verantwoordelike regering aan bewind te kry - selfs dr Muller het dit die afgelope week bevestig !

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights