Deur JOYLENE VAN WYK
16 Februarie 2010

1540 keer gelees | 0 kommentaar

‘n Ommeswaai in die geveg teen misdaad, landelike ontwikkeling en grondhervorming, is wat pres. Jacob Zuma in die repliek op sy staatsrede belowe het.


‘n Ommeswaai in die geveg teen misdaad, landelike ontwikkeling en grondhervorming, is wat pres. Jacob Zuma in die repliek op sy staatsrede belowe het.

Pres. Jacob Zuma het in repliek op sy staatsrede dit onomwonde gestel dat die Regering hom daartoe verbind om ‘n ommeswaai in die geveg teen misdaad, landelike ontwikkeling en grondhervorming, werkskepping en die onderwys te kry.

Sy staatsrede is uit verskeie oorde gekritiseer oor die vaagheid van sy inhoud.

Zuma het oor die kritiek gesê dat hy presies geweet het wat hy wou sê en dat hy dit gesê het. “Die staatsrede het die nuwe era gedek waarin ons as Regering nou ingaan. Hierdie is ‘n era van dinge anders doen, ‘n era waar ons werk deur duidelike uitkomste bepaal is en om die pas en vorm van dienslewering te verhoog.”

Hierdie nuwe uitkomsgebaseerde benadering sal duidelik word as die onderskeie ministers hul begrotingsredes lewer

Terwyl die meeste ontwikkelde lande se bevolking al hoe ouer word, is byna 70% Suid-Afrikaners jonger as 35 jaar.

Die Regering wil met sy langtermynprogram vir belegging in infrastruktuur groeigeleenthede in nywerhede verhoog deur plaaslik produkte vir infrastruktuurprojekte te vervaardig en so meer werk te skep.

In sy pogings om klimaatsverandering aan te pak word daar ook op die verhoging van “groen werk” gefokus.

Zuma het gesê die landelike ontwikkelings- en voedselsekuriteit inisiatief sal mense in landelike gebiede in volhoubare ekonomiese aktiwiteite absorbeer.

Hy het bygevoeg dat ook nou saam met die landbou- en arbeidsektor saamgewerk moet word om die omstandighede van veral plaaswerkers te verbeter. Die opleiding van jeugdiges in landelike gebiede moet ook aandag kry.

Oor misdaad het hy onder meer gesê dat die vaardighede en vermoë van die SA Polisiediens verbeter word.

Sê jou sê oor misdaad en onderteken landbou.com se petisie, Stop plaasmoorde. Klik hier om die petisie te onderteken.

16 Februarie 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights