Deur ALANI JANEKE
6 Junie 2012

1288 keer gelees | 10 kommentaar

Regsaksie word uit verskeie oorde teen die ANC-jeugliga oorweeg ná dreigemente dat boere hul grond moet verlaat.


Luidens ’n berig op IOL het mnr. Ronald Lamola, die Jeugliga se ondervoorsitter, in ’n werksessie in Centurion gesê afdeling 25 van die Grondwet, wat eiendomsreg beskerm, moet verander word.

Hy sê as dié afdeling verander word, sal beleggers en wit Suid-Afrikaners uit die land vlug. “Toe grondgrypery in Zimbabwe begin het, het mense weggehardloop. Hulle gaan loop,” aldus Lamola.

Intussen het die TLU SA sy regspan opdrag gegee om die strengste moontlike stappe teen Lamola en die Jeugliga te doen. Dít kan insluit die verkryging van ’n hofbevel, die lê van ’n strafregtelike klag en klagte by die Menseregtekommissie.

Weersin
Mnr. Louis Meintjes, voorsitter, sê hulle het met weersin kennis geneem van Lamola se uitsprake: “Sy dreigemente dat boere wat wil bly leef, hul grond moet verlaat, word in ’n baie ernstige lig gesien.”

AfriForum is op sy beurt van plan om Lamola by die Polisie en die Gelykheidshof te verkla oor sy uitsprake. Die organisasie het beeldmateriaal wat in televisienuusbulletins uitgesaai is, aangevra.

Mnr. Willie Spies, regsverteenwoordiger, sê Lamola se uitsprake kom op haatspraak neer en val binne die definisie van ernstige misdade soos intimidasie en aanhitsing tot geweld.

“Lamola het onder meer by name ‘die Van Tonders en die Van der Merwes op die plase’ gewaarsku dat hul veiligheid nie gewaarborg kan word nie,” lui AfriForum se verklaring.

Bron: IOL

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Douglas bezuidenhout

2012/06/06 01:45:44 PM

Dis nou die tyd om saam te staan en iets te doen om ons boere wit of swart te beskerim ,mense so lamola hetbgeen idee wat hy se nie. Hy is n tweede Rober mgape


Butch van Blerk

2012/06/06 02:31:34 PM

Kom ons waarsku onsself medeboere/produsente - sit hierdie man op sy plek - of "ignore him at your own peril ". Hy is hier deur die weer met mense/boere wat kos produseer en hy durf nie hiermee wegkom nie. Wat Mnr Spies hierbo sê is reg en moet kennis van geneem word. Lamola weet nie wat dit is om vir 'n oorbevolkte wereld kos te produseer nie en hy moet gedissiplineer word. Hier is hopeloss te veel publisiteit wat aandui dat die "werklose jeug" regmatig sulke uitsprake mag maak . Lees die die standpunte van en die regte waaroor onder andere die Internasionale Strafhof in Den Haag beskik.


Gerrie Engelbrecht

2012/06/06 06:20:25 PM

Hoewel Mnr Mantashe by die onderhandelinge vandag met Afrikaners gesê het dat dit nie ANC beleid is nie, is dit ironies dat Pres Zuma hom nie daarteen uitspreek dat die Jeugliga hom van sulke blatante aanhutsing moet weerhou nie. Dit is uiterste rassisme en kan aanleiding gee daartoe dat mense onverantwoordelik kan optree. Pres Zuma en die ANC wil vir eie gewin die jeug se stem hê maar intussen word mense woedend en kan die kookpot se deksel dalk afvlieg. Lamola moet soos Malema in die bek geruk word en boonop van opstokery aangekla word en behoort vir sy ondeurdagte uitsprake in die tronk gegooi te word. ONS IS NOU GATVOL VIR HIERDIE UITSPRAKE


Saaiboer

2012/06/06 09:45:28 PM

Lamola, ou ram, ons gaan nie loop nie! Jy dink die ANC is hierdie magtige organisasie, julle korrupsie en hebsug is besig om julle te vernietig.


Japie

2012/06/07 12:55:59 AM

Laat die goed kom grond gryp. Hulle kon nog nooit n oorlog wen nie en FW se slap geit het alles vir hulle gegee. Ons moes daai tyd net eenvoudig skoon gemaak het. Eeers Malema met sy bla bla bla en nou weer die Mantashe. Wat se Mnr Mantashe is dit met julle. Dis hoekom ons land is waar hy is. Mnr!!!!! Die loot sal trek een van die dae en dan sal die wereld sien hoe lyk dit as mens aan n Wit Boer se verkeerde kant te lank krap. Kom julle jeugliga en freedom fighters. Pak uit dat ons sien wat julle het.


Johan v H

2012/06/07 07:39:41 AM

Malema se hul nog altyd voor. En tot dat daar nie behoorlik n voorbeeld van hom gemaak word nie sal dit nie ophou nie.


koos

2012/06/07 09:28:05 AM

Mense moet begin besef dat die anc nog nooit vrede wou hê nie.Dit wat in Zim gebeur het, het ook in elke ander Afrika land gebeur. Daardie gebeure is nog net uitgestel in ons land, maar dit wil voorkom asof die tyd vir ons nou hier is.Dit is onvermydelik gegewe die werklikhede wat ons daagliks om ons sien. Plaasmoorde is 'n teroriste oorlog wat al baie jare teen ons woed. Hierdie soort uitspraak is aanhitsing tot volskaalse oorlog teen blankes.


Piet

2012/06/08 09:25:02 PM

Ek stem saam Japie , Lamola of Mantashe of wat ook al se 'kyte' gaan nie vlieg nie ,hy is in elk geval net 'n duplikaat van Malema of Rober Mgape,en as die Boervolk regtig tot bekering kom dan sal als terug keer tot normaal ,want ons het af gewyk maar FW die meeste. Ons SAL weer tot bekering moet kom en by 'n plek van aanbidding moet kom.


mkruger

2012/06/09 12:25:01 PM

Mense die probleem is tweeledig hier. Maak nie saak waar jy in die wereld is nie, as die gaping tussen die rykes en armes so groot is, sal die armes enigiets glo veral as die rykes uit hulle pad uit gaan om die armes soos tweede klas landsburgers te behandel. Dit is nie nodig om jou plaas vir die armes te gee nie. Werk net aan jou verhouding en behandel die armes soos gelykes en jy sal die stryd wen. Tweedens stem ek saam dat mens nie die mense kan los om sulke uitsprake te maak en niks daaraan te doen nie. Maar hulle kom nou al so lank daarmee weg hoekom gaan dit nou anders wees. Ons leiers is besig om te oes. Hulle het nie tyd vir aandag gee aan sulke "twak" nie......


UBoer

2012/06/19 09:21:42 PM

Wat 'n waarheid wat 'n mistasting. Hier is soveel mense wat met helder oe kyk en dan die kefbrakkies agterna. Iemand wat dink hy is baie slim het twee jaar gelede gese mense maak 'n onnodige bohaai oor Mal-emma en wragtag hier is weer 'n maatjie wat dink dit is tydmors om die sogenaamde "twak" vas te vat. Ai ... Aan almal behalwe mkruger, goed gese - vandag se leiers moet opstaan om gereken te word, en soos Piet se, ons moet weer terug gaan na ons Behoud. As ek mag sal ek graag net 'n waarskuwing stel - daar is nou chaos, as 'n man opstaan om ons te lei, maak seker hy is vir ons.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights