Landbouverenigings in die Vrystaat sê nalatige munisipaliteite kan voortaan moontlik verantwoordelik gehou word vir skade wat
wegholveldbrande, wat by munisipale stortingsterreine begin, aanrig.
Verder word regstappe oorweeg teen munisipaliteite ná vyf verwoestende veldbrande die afgelope week vermoedelik by stortingsterreine begin het.
Luidens ’n
berig in
Volksblad is brandbestrydingsverengings (BBV’s) moedeloos omdat munisipaliteite hul plig versuim om brande op hul grond te bestry en te keer dat dit verder versprei.
VyfMnr. Malcolm Procter, adjunkdirekteur van bos- en veldbrandoorsig van die Vrystaatse departement van landbou, bosbou en visserye, sê vanjaar het vyf brande al by stortingsterreine begin.
Wegholveldbrande het verlede jaar 257 000 ha verwoes, en altesaam 52 000 ha hiervan het weens brande wat by stortingsterreine begin het, in die slag gebly.
WetProcter sê die Wet op Veld- en Bosbrande verplig alle grondeienaars om voldoende maatreëls in te stel sodat brande wat op hul eiendom ontstaan, nie versprei nie. Verder sê hy grondeienaars wat nie aan BBV’s behoort nie, kan ook weens nalatigheid vervolg word.
Bewerings word in landboukringe gemaak dat talle stortingsterreine in die provinsie nie bestaande brandbane het nie, wat kan veroorsaak dat smeulende rommel veldbrande kan laat ontstaan.
Bron:
Volksblad