Deur JOHAN NORVAL
6 Julie 2012

1245 keer gelees | 1 kommentaar

Minstens twee rekords het vanjaar op die 39ste Fauresmith-uithourit in die slag gebly, terwyl een van dié nuwe rekordhouers ook as die algehele wenner aangewys is.


Die 38-jarige me Madeleine Raubenheimer van die Loskopvallei-klub en wenner van die liggewig-afdeling, het die 203km oor drie agtereenvolgende dae in die vinnigste tyd van 8 uur 4 minute en 25 sekondes op Davey Jones (HD) afgelê (8:04:25).

Me. Rinie White, een van die organiseerders, sê Raubenheimer is ’n gesoute ruiter wat in haar deelname aan die uithourit die afgelope ses jaar een keer haar klas gewen en gewoonlik onder die voorste vyf ruiters geëindig het. Sy spog onder meer ook met ere-kleure in die sport.

Raubenheimer se wentyd is nou die rekordtyd in die liggewigafdeling.

Die wenner van die swaargewig-klas, mnr. Johann Nieuwoudt, het die rekordtyd van Jaco Ferreira van 2005 met meer as ’n minuut verbeter. Sy tyd was 8:36:48. Nieuwoudt op die Anglo-Arabier-reun Vonk, is ’n mielieboer van Schweizer-Reneke in Noordwes en vanjaar was sy vierde deelname aan die uithourit.

Die wenner in die standaardgewig-klas was mev. Mariëtte Visser van die plaas Spioenheuvel in die distrik Warrenton in die Noord-Kaap.

In die afdeling vir juniors het die 19-jarige Jan-Louis Bezuidenhout van die Rand-klub in Johannesburg op Jozami Ravelity gewen, met Chandri Human van Hartswater op El-Jellabi Ashan as die beste kinderruiter.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Riekie Bresler

2012/07/19 03:33:46 PM

Mooi so Madeleine!!! Almal is so trots op jou!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights