Deur ALANI JANEKE
17 Julie 2012

421 keer gelees | 0 kommentaar

Die renosterbedryf bevind homself tans in dieselfde mate van onsekerheid as wat die landboubedryf oor grondhervormingbeleef, sê die PROA.


’n Renoster, wat gewoonlik tot R500 000 werd is, haal tans tussen R220 000 en R240 000 op ’n veiling.

“Ek was al by veilings waar ’n renoster vir slegs R110 000 verkoop is, of selfs van die lys verwyder is omdat niemand daarin belang gestel het nie,” vertel mnr. Pelham Jones, voorsitter van die Private Renostereienaars-vereniging (PROA).
 
Hy sê dit is baie hartseer om te sien hoe die gesogtheid afgeneem het van ’n dier wat skaarser as, byvoorbeeld, ’n buffel is.
 
20 jaar
Renosterstroping en die gevolglike risiko’s wat die aanhou van ’n renoster op ’n wildsplaas of in ’n private reservaat inhou, word as van die hoofredes vir dié situasie gegee. Jones sê dit plaas die bedryf in ’n baie onsekere situasie, veral as in ag geneem word dat die staat al twee dekades gelede gevra is om die moratorium op die handel in renosterhoring op te hef.
 
“Die eerste versoek om die moratorium op te hef, is 20 jaar gelede reeds aan die staat oorhandig. En wat het intussen gebeur, ons is steeds besig om daaroor te praat terwyl honderde diere per jaar doodgemaak word,” aldus Jones.
 
‘Grondeis-situasie’
Jones vergelyk die onsekerheid in die bedryf met dieselfde onsekerheid wat die landboubedryf en ’n boer sou ervaar wanneer ’n grondeis teen sy grond ingestel is en hy nie duidelikheid kry oor wanneer die eis afgehandel sal wees nie.
 
Intussen het die Departement van Omgewingsake bekend gemaak dat die amptelike getal renosters wat al vanjaar weens stroping doodgemaak is, op 281 staan. Dit is een renoster wat elke 17 uur vir sy horing in Suid-Afrika doodgemaak word.
 
Hoewel dié ratio in ’n stadium in die jaar op een renoster elke 15 uur gestaan het, sê Jones die effense afname bring nie vir hulle rustigheid nie. “Ons bly bekommerd oor die situasie en oor wanneer dinge dalk weer erger kan raak, terwyl groot besluite in die lug hang.”
 
Die meeste renosters, 146, is in die Kruger Nasionale Park afgemaai. Altesame 176 verdagtes is vanjaar al in verband met dié misdaad in hegtenis geneem.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights