Deur ALANI JANEKE
13 Februarie 2012

1164 keer gelees | 1 kommentaar

Met vanjaar se renostervrektes wat reeds op 45 staan het private eienaars van dié diere ’n teenstropingeenheid begin.


Met vanjaar se renostervrektes wat vir die eerste 44 dae reeds op 45 staan, het private eienaars van dié diere ’n teenstropingeenheid begin.

Luidens ’n berig op News24.com het die Vereniging vir Private Renostereienaars in Limpopo besluit om self ’n plan teen stroping te maak.

Die organisasie lei tans vrywilligers en wildbewaarders op om in ’n wye verskeidenheid situasies te kan optree. Die eenheid sal glo volgens ’n skedule werk, met ’n sekere aantal vrywilligers wat elke nag diens doen.

Beloning
Luidens nóg ’n berig op News24.com het die Polisie in Limpopo ’n beloning van R500 000 uitgeloof vir enigiemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die inhegtenisname van renosterstropers of mense wat planne het om renosters te stroop.

“Ons het die samewerking van elke landsburger in die provinsie en die land nodig om die misdadigers vas te trek en die slagting stop te sit,” aldus lt.gen. Simon Mpende, Limpopo se provinsiale polisiekommissaris.

Mpende sê die Polisie kan nie dié oorlog alleen wen nie, en het die hulp van die publiek nodig.

Die provinsie het verlede jaar altesame 74 renosters weens stroping verloor. In Januarie vanjaar is ten minste 10 van dié diere reeds in Limpopo doodgemaak.

Bronne: News24.com

13 Februarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Elsabe Blackie

2012/02/13 12:11:14 PM

Ons staan reeds op 52 vir die jaar :( Laas jaar was daar +- 480 gestroop! Ek sou se dis 'n nasionale krisis!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights