Deur ALANI JANEKE
13 September 2012

669 keer gelees | 1 kommentaar

Oplossings vir renosterstroping moet van die inwoners van Afrika kom en nie van internasionale owerhede nie.


Om handel in renosterhoring wettig te maak, is “die enigste volhoubare oplossing” om renosterstroping te beperk, aldus die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWBV).

Die organisasie sê die sleutel tot dié oplossing van die probleem is dat maatreëls vir die oorlewing van renosters uit Afrika moet kom en nie van internasionale owerhede wat “hul imperialistiese” oplossings wil afdwing nie.
 
Luidens ’n verklaring sê die organisasie die stryd van die renoster is steeds hoog op die wêreld se agenda, veral met ’n internasionale bewaringskongres wat tans in Korea plaasvind en Wêrelddag vir Renosters wat op 22 September  herdenk word.
 
381 renosters
Vanjaar is 381 renosters al in die land vir hul horings doodgemaak. Die Departement van Omgewingsake het dié week die jongste statistiek in dié verband bekend gemaak. Altesame 236 renosters is in die Kruger Nasionale Park afgemaai.
 
Die provinsiale wildreservate en private reservate wat die hardste getref word, is in Limpopo, KwaZulu-Natal en Noordwes waar altesame 117 renosters al verloor is. Vanjaar is 199 verdagtes weens stroping in hegtenis geneem.
 
CITES
Volgens die SAJWBV heers groot afwagting om te sien of die departement die voorstel vir die handel in renosterhoring aan die Konvensie vir die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Fauna en Flora (Cites) gaan voorlê.

Dié voorlegging moet voor 4 Oktober vanjaar ingedien word en sal na verwagting volgende jaar op die Cites-kongres in Bangkok bespreek word.
 
“As die Departement van Omgewingsake nie hierdie geleentheid op sy vergadering aanstaande jaar gebruik om by Cites aan te dring op die opheffing van die internasionale, of ten minste die nasionale, verbod op handel in renosterhoring nie, sal ons volgende jaar op Wêreld-renosterdag die kwessie steeds bespreek en ons hande in wanhoop wring,” aldus dr. Herman Els, bestuurder van omgewingsbewaring by die SAJWBV.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Ras Schuld

2012/09/14 04:13:32 PM

Die wettiging van handel in renosterhoring is slegs 'n tydelike oplossing. Om tot in lengte van dae die renosters se horings te "oes" gaan nie die aanvraag daaraan verminder nie. Dit gaan ook nie die onwettige stroping eindig nie, want daardie barbare kap selfs die kleinste stompies uit. Indien die handel gewettig word, stel ek voor dat minstens 25% van die opbrengs van die verkoop aan 'n organisasie betaal moet word om opvoedingsprogramme in die Verre-Ooste te befonds, sodat die denkrigtings verander word en aanvraag na die horings uiteindelik staak. Moet tog net om Vadersnaam nie die 25% aan die regering betaal nie, want ons almal weet wat dan daarvan gaan word.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights