Deur NICO VAN BURICK
18 Oktober 2012

797 keer gelees | 0 kommentaar

Die Regering se versuim om betyds aanbevelings oor die bekamping van renosterstropery te doen, laat SA in die steek.


Die Regering se versuim om betyds aanbevelings oor die bekamping van renosterstropery te doen, het Suid-Afrika, sy mense en sy renosters in die steek gelaat, sê die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV).

Die Departement van Omgewingsake moes teen die spertyd van 4 Oktober aanbevelings aan die Konvensie op die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES) ingedien het vir oorweging op aanstaande jaar se konferensie.

Die SAJWV sê me Edna Molewa, Minister van Omgewingsake, se uitgerekte verskonings is net ’n manier om die Regering en haar departement se versuim om ’n besluit oor die grusaamheid van renosterstropery te neem, toe te smeer.

Die vereniging meen die wettige handel in renosterhoring is die enigste volhoubare oplossing om stropery hok te slaan. Dr. Herman Els, bewaringsbestuurder by die SAJWV, sê die Departement van Omgewingsake het twee jaar lank gesloer voordat hy gereageer het op die aanbevelings van die Renosterberaad wat in 2010 gehou is.

“As hulle destyds al die uiters bekwame mnr Mavuso Msimang, voormalige SANParke-hoof, aangestel het om die renosterkwessie te bestuur, dan kon die departement nou al weldeurdagte aanbevelings aan CITES gedoen het vir oorweging op die konferensie. “

Die departement het laat blyk dat hy moontlik voorleggings aan CITES sal doen vir oorweging op die 2016-konferensie. ”Dis dan waarskynlik te laat om die renosters te red. Hierdie kortsigtige besluit gaan Suid-Afrika duur te staan kom,” se Els.

Die SAJWV het in sy voorlegging aan Msimang op 3 September verduidelik dat dit ’n verdere R7,5 miljard sal kos om renosters te beskerm as die handelsverbod nie opgehef word nie.

“Vir hoe lank nog moet Suid-Afrikaners die koste van renosterbeskerming namens die res van die wêreld dra? Oor die volgende drie jaar kan ons nog 1 300 renosters verloor, om nie te praat van die meer as 260 menselewens wat ingeboet word wanneer stropers geskiet word nie.”
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights