Deur ALANI JANEKE
25 Julie 2012

534 keer gelees | 0 kommentaar

Grondhervorming het niks te doen met voedselproduksie en die landbou nie, sê mnr. John Kane-Burman.


Grondhervorming en restitusie fokus op die herverdeling van grond. Dit het niks te doen met volhoubare voedselproduksie nie.

Dít is die mening van mnr. John Kane-Burman, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.
 
Hy was een van die sprekers op die FW de Klerk-stigting se konferensie oor die land se beleidsrigtings in Johannesburg. “Grondhervorming het niks te doen met voedselproduksie nie. Dit het niks te doen met die landbou nie.”
 
’n Hoë werkloosheidsyfer is volgens Kane-Burman een van die gevolge van dié situasie.
 
Era van skisofrenie
Volgens Kane-Burman is dit duidelik dat die staat sy brood aan albei kante gebotter wil hê. Aan die een kant fokus dit op die sogenoemde demokratiese revolusie en om met byvoorbeeld met private eiendomsreg en die ekonomie in te meng. Aan die ander kant soek dit ook ’n lewendige en onafhanklike ekonomiese sektor.
 
“Hierdie skisofrenie is ’n karatertrek van die hele Regering. En ek verwag dat ons dit vir die volgende vyf tot tien jaar nog gaan sien.” Hy sê dié situasie gaan nadelige gevolge vir die ekonomie en die land hê.
 
Ná die tydperk, wat as die tweede oorgangstydperk beskryf word, sal ’n derde oorgangstydperk volg, waartydens Kane-Burman verwag dat die ANC gedwing sal word om terug te keer na neo-liberalisme.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights