Deur ISABEL STOLTZ
10 Januarie 2011

2143 keer gelees | 1 kommentaar

Agt restitusie-eise is op die dag voor Kersfees bekend gemaak ondanks die Regering se standpunt dat daar nie geld is om eise te hanteer nie.


Ondanks die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se onderneming dat omsigtig met eise vir nog grond omgegaan sal word totdat geld beskikbaar is om dit te koop, is nóg agt restitusie-eise by Hoedspruit op die dag voor Kersfees bekend gemaak.

Dit sluit wildreservate, safari-ondernemings en die Universiteit van die Witwatersrand se opleidingsentrum buite die Nasionale Kruger-wildtuin se Orpen-hek in.

Dit kom twaalf jaar ná die sperdatum vir restitusie-eise en nadat dié plase deur ander gemeenskappe geëis en sommige reeds gekoop en oorhandig is, wat uitsprake versterk dat sowat 90% van grondeise ongeldig is.

Tot vier verskillende stamme eis in sommige gevalle dieselfde plaas.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 14 Januarie 2011.

10 Januarie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Tini Engelbrecht

2011/01/10 10:22:12 AM

Daar moet ook nou 'n beperking kom om nuwe grondeise te registreer. As bv. 90% van bestaande eise afgehandel word kan daar eers nuwe eise geregistreer word, wat druk op die regering sal plaas om die ou eise af te handel.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights