Deur JOYLENE VAN WYK
23 Mei 2012

2178 keer gelees | 14 kommentaar

Die landbourevolusie is reeds aan die gebeur en dit word bevestig deur die duisende werke wat in die landbousektor geskep is, sê die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.


Die landbourevolusie is reeds aan die gebeur en dit word bevestig deur Statistieke SA se syfers oor die duisende werke wat in die landbousektor geskep is, meen me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. 

Hoewel ander bedrywe soos die konstruksie- en die vervaardigingsbedryf al twee tot meer as 70 000 werke in die eerste kwartaal van vanjaar verloor het, het werkskepping in die landbousektor toegeneem.

In die landbousektor is 26000 volhoubare werke in die derde kwartaal van 2011 geskep, 6 000 in die vierde kwartaal en in die eerste kwartaal van 2012 is ‘n verdere 26 000 werke geskep.

Joemat-Pettersson het dit duidelik aan die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye gestel dat hierdie permanente werke nie deur wit kommersiële boere geskep is nie, maar deur swart kleinskaalse boere.

Sigbare vordering?
Die portefeuljekomitee is bekend daarvoor dat hy gereeld die Minister en haar departement oor die kole haal oor sigbare vordering in die departement.

“Iewers strook die inligting wat ons het en wat julle het, nie met mekaar nie,” het Joemat-Pettersson gesê. “Want as Statistieke SA, en nie die landbou nie, sê dat daar ‘n jaar op jaar groei van 53 000 werke in die landbousektor is, dan gebeur die landbourevolusie reeds.

“Die analise van Statistieke SA wys dat self onder apartheid, met al die beleggings wat toe in die landbou gemaak is, daar nie positiewe groei in die sektor was nie. Van 1970 tot 1994 was daar absoluut geen groei in die landbou in die land nie.”

Volgens syfers van Statistiek SA is dit die eerste keer dat die sektor sedert die 1970’s ‘n jaar op jaar groei van 8,8% toon.

Sy het uitgewys dat haar departement vir die volgende twee jaar sal ingryp in Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap om die sektor hier te laat gedy.
23 Mei 2102


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Douglas

2012/05/25 03:10:00 PM

Swak, Pateties en onkundig soos die meeste van die parlementslede. Die swartboere of opkommende boere kan nie eers vir hulself voedsel produseer nie nou wat nog te se van werksgeleenthede ??? LAGWEKEND !!! Voedselsekuriteit en volhoubaarheid in die landbou is defnitief net deur witboere te danke. Groot kommer ontstaan by almal as sulke onkundiges aan die hoof van sake is. Mag ons sogenaamde Witboere of liewer voedsel produsente net van krag tot krag gaan en nie deur onkundige parlementslede van stryk gebring word nie.


Fernando

2012/05/24 11:03:15 AM

In afrikaans is daar 'n pragtige stelling....vye is nie perde dr....nie miskein moet iemand dit net vir die agbare minister die stelling uiteen sit sodat sy dit mooi verstaan


Saaiboer

2012/05/23 10:18:38 PM

Jy kan met 'n stokkie in die donker voel dat dit nou 'n pot snot is. As dit so aangaan werk die helfte van die land een van die dae by die opkomende boere!


Oud-Matie

2012/05/23 07:45:29 PM

Met respek (oftewel soveel as wat ek bymekaar kan skraap onder die omstandighede) - as die Minister haar loopbaan en departement se sukses moet skool op die statistieke wat geproduseer word deur Statistiek SA, dan is dit 'n erge dag vir ons almal. Ek huil sommer..... Ek dink in elkgeval die mense daar in Statistiek SA "ontbreek kapasiteit" en kan nie verder as 20 tel nie dan raak hulle uit vingers en tone. Die Minister moet ook beter weet as om daai mense te glo, want sy moet ook besef dat omtrent 87,5% van alle statistiek word op die ingewing van die oomblik daar en dan opgemaak. Go figure....


Onbekende besoeker

2012/05/23 06:20:10 PM

Foeitog as jy nie slim is nie dan moet jy dom wees.Veral oor die swart kleinboere se groot werkskeppings poging.Seker omdat hulle so suksesvol is.


R Van Wyk

2012/05/23 05:17:15 PM

Om te dink ons vul nog dept van statistiek se vorms in! Politieke twak! Ek sou graag die vorms sien van die sg. werkskeppers.


Butch van blerk

2012/05/23 04:23:32 PM

Die minister moet net onthou dat dit nie lank gaan vat voor salarisse, energiekoste en ander insetkoste boere soos vigs van 'n kant af gaan begin uitwis nie


Goedgedacht

2012/05/23 02:08:19 PM

Ek dink sy is op soek na politieke brownie points vir die "vordering"


Onbekende besoeker

2012/05/23 01:38:25 PM

Wat mens egter baie bekommerd maak is die feit dat sy haarself glo, as sy sulke snert kwyt raak. Wat se die gesegte, "as jy lieg kan jy steel ook" Piesang republiek, kyk maar net na die "smeer", ag ek bedoel die "spear"


Stephen

2012/05/23 12:25:43 PM

As Me. Joemat Petterson n revolusie wil ontketen is sy nou op die regte pad.Wat n klomp stront raak sy WEEREENS kwyt?


mkruger

2012/05/23 12:07:42 PM

Die minister se: hierdie permanente werke nie deur wit kommersiële boere geskep is nie, maar deur swart kleinskaalse boere. Ek is bereid om te wet dat die kleinskaalse boere wat al die werk geskep het nie een minimum loon betaal nie..... Twak... Ek het hoop gehad toe sy oorgeneem het maar ek dink dit is tyd dat sy gaan......


Stefan Buys

2012/05/23 11:37:59 AM

Ek vermoed die minister moet komersiele landbou aan die een kant, en parlement aan die ander kant, met liegstories oortuig dat haar departement funksioneer.


JJ Botha

2012/05/23 09:20:38 AM

Die minister en Statistiek Sa daal nou tot 'n vlak benede die van 'n derde wereld. Kobus Botha(Prof.)


Onbekende besoeker

2012/05/23 09:04:25 AM

Dit is die grootste klomp twak. Hierdie verslae is net soos die brandstof prys, dit gaan 80c op en dan wees 15c af, en dan wil ouens soos die wat diè verslae uitgedink het, vir ons kom vertel brandstof is goedkoper...

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights