Deur ALANI JANEKE
13 Julie 2012

558 keer gelees | 0 kommentaar

Rioolstorting in die Vrystaat het al gelei tot veevrektes in dié provinsie, met die eerste rekords daarvan wat reeds in 2008 aangeteken is, sê die DA.


Rioolstorting deur die Mafube-munisipaliteit veroorsaak groot kommer onder inwoners van Frankfort en Villiers. Dié riool spoel volgens AfriForum ook na plase oor en lei tot veevrektes.

“Die water van die Vaalrivier is so besoedel dat ’n mens plek-plek die karkasse van diere sien wat moontlik weens dieselfde rede gevrek het,” vertel mnr. Pieter van der Westhuizen, verteenwoordiger vir die Demokratiese Alliansie (DA) in die Fesile Dabi-distriksmunisipaliteit. “Ek het toetsresultate van die Vrede-dierekliniek wat so ver terug as 2008 aangeteken het dat beeste weens rondewurms, wat ’n gevolg is van riool-inname, gevrek het.”

Terugvoer
Volgens Van der Westhuizen is die munisipaliteit al genader vir ’n plan om die probleem op te los, maar nog geen terugvoering is ontvang nie. “Ons het geen terugvoering van die Mafube-munisipaliteit ontvang nie en ons sal stappe teen hulle doen.”

Verder het AfriForum en Van der Westhuizen in ’n brief aan die Departement van Waterwese gevra om ’n verslag te sien wat die departement ná ’n ondersoek by die Mafube-munisipaliteit saamgestel het. “Die Departement van Waterwese is daarvoor verantwoordelik om die munisipaliteit se kriminele nalatigheid aan te pak. AfriForum het ʼn plan van die departement gevra.”

Van der Westhuizen sê die verslae sal deeglik bestudeer word en die situasie sal behoorlik gemonitor word om te verseker voorstelle en regulasies word uitgevoer en stappe word teen die verantwoordelike persone gedoen.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights