Deur ALANI JANEKE
31 Augustus 2012

1119 keer gelees | 0 kommentaar

Die SA Olimpiese roeiers wat 'n goue medalje by die Olimpiese Spele verower het, ontvang ook beeste van Jan Braai.


Die vier roeiers wat Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele trots gemaak het deur goue medaljes los te roei, word deur die land se Braaikoning met beeste vereer.

Mnre. Matthew Brittain, Sizwe Ndlovu, John Smith en James Thompson sal binnekort hulle vee van Jan Braai ontvang.
 
In ’n onderhoud met Landbou.com het Jan Braai aangedui dat Brittain en Ndlovu graag lewende diere wil ontvang, terwyl Smit en Thompson vir ’n kombinasie van biefstuk en biltong van hul diere gevra het. “Matthew se bees sal op sy oom se plaas naby Lydenburg loop, terwyl Sizwe gevra het vir ’n Bonsmara wat op ’n plaas naby Pietermaritzburg aangehou sal word.”
 
Trots
Jan sê hy het voor die Spele besluit om elke atleet wat ’n goue medalje wen, met ’n bees te vergoed.
 
“Hulle het die hele nasie geïnpsireer met dieselfde gemeenskaplike gevoel as wat ek wil hê vir Braaidag. Dis ’n inspirasie wanneer almal in die land op dieselfde tyd oor dieselfde ding opgewonde is,” vertel Jan.
 
Die atlete oefen jare lank om by die Olimpiese Spele te kan presteer, en Jan meen “dis goed om hulle daarvoor te beloon. Hulle is die helde van ons nasie, en met dié beeste wil ek hê hulle moet genoeg vleis hê om Braaidag behoorlik te kan vier.”
 
Suid-Afrika vier op 24 September, tydens Erfenisdag, ook Braaidag.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights