Deur ALANI JANEKE
19 Julie 2012

547 keer gelees | 2 kommentaar

Vleisprodusente verstaan dat supermarkte hoë koste het, maar die RPO meen die kleinhandel volg nie die spelreëls wat laer vleispryse betref nie.


Rooivleisprodusente is met prysverlagings van tot 16% vir hul produkte tussen Desember verlede jaar en April vanjaar getref.

Ná dié dalings nie na verbruikers deurgegee is nie, het die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) die Universiteit van die Vrystaat genader om te bepaal hoe lank dit duur om sulke dalings na die verbruikers deur te gee.  

Mnr. Koos van der Ryst, eerste ondervoorsittter, sê dié opname het bepaal dat dit tussen ses weke en twee maande kan duur vir supermarkte om dié verlagings deur te gee. “Maar hoekom sien ons nou eers dié verlagings vir verbruikers?”

“Supermarkte speel nie altyd die spel nie. Ons verstaan supermarkte het onkoste, ons verstaan hulle moet ook duurder vir sommige dienste betaal, maar verbrands, hulle moet die spel speel en nie agter daai goed skuil nie,” aldus ’n moedelose Van der Ryst.  

Langtermyn                                                 
Van der Ryst sê hoewel die bedryf op kort termyn bloei, lyk die mark op lang termyn goed. Volgens hom styg die vraag na vleis internasionaal drasties, wat tot die voordeel van vleisprodusente gaan wees.

Volgens Van der Ryst het produsente ’n aandeel van tussen 45% en 50% in die verbruikersrand. “Ons het die beherende deel in die rooivleisbedryf, so wat wil jy daarmee maak. Gebruik dit tot jou voordeel en lewer jou bydrae tot ’n organisasie soos die RPO.”

Die organisasie vra dat produsente hom moet nader en spesifiek aandui watter kwessies sy aandag moet kry. “Jy kan nie die kerkraad kritiseer as jy nie deel van die gemeente is nie,” sê Van der Ryst.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Philip

2012/07/20 09:01:40 AM

Dankie tog dat dit deur iemand raakgesien word. Desember 2011 het die Supermarkte tussen 150% en 300% wins gemaak op skaapvleis. Die winste wat die Supermarkte maak is regtig ’n skande. Dit ten koste van die verbruiker en die produsent. Dit neem my 11 maande voor ek ’n lam kan bemark. (5 maande dragtig en 6 maande op die veld) Hulle verkoop die karkas binne 3 dae en maak meer geld op die karkas plus hulle het geen risiko om finansiële verliese te ly nie. Die enigste risiko is verlies op gewig maar kry altyd hulle geld terug. Sodra ek ’n lam aan ’n jakkals verloor of dit vrek aan ’n siekte is my verlies 100%. Dan vertel die slim manne my hoe goed dit met die vleisboere gaan terwyl hy met ’n tjop in die hand sit wat hy ten duurste by ’n Supermark gekoop het.


Johann Lemmer

2012/07/20 01:07:18 PM

Waarom kan die verbruiker nie maar direk van die boer koop nie. Kyk wat doen Delico in Riebeeck Kasteel - wat 'n pragtige voorbeeld!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights