Deur JOHAN COETSEE
27 Julie 2012

831 keer gelees | 1 kommentaar

Suid-Afrika se "uitsonderlike" boere sal 'n denkskuif moet maak om in 'n nuwe landbouwêreld te oorleef, reken mnr. Cornie Swart, voorsitter van Agri Wes-Kaap.


Dit is “halftyd” vir die landbou in Suid-Afrika. In die eerste helfte – die afgelope dekade – het die landbou politieke teenstand, beperkte waterhulpbronne en slegte weer ervaar.

Daarmee het ’n verbrokkelende en erg ongelyke speelveld gegeld, asook ’n voortdurend veranderende stel reëls. “Dan word ‘uitsonderlik’ niks minder nie as ‘wonderbaarlik’,” het mnr. Cornie Swart, voorsitter van Agri Wes-Kaap op Goudini gesê.

Hy het op die kongres van die organisasie gesê bewyse van die wonderwerk is te vind op elke winkelrak in Suid-Afrika, naamlik goeie (én vars) produkte teen bekostigbare pryse. Die tweede helfte gaan volgens hom egter heeltemal anders wees. Armoede, hongersnood en werkloosheid is nou die groot werklikhede.

Die reëls van die spel verskil van die eerste helfte. Nie net is die opposisie nou anders nie, maar ook die toeskouers. “Die toeskouers keur dinge af waarvoor hulle voorheen hande geklap het en die opposisie word nou gesteun,” het Swart gewaarsku.

Tyd om vorentoe te kyk
Dit is nie nou die tyd om terug te kyk en te meen die werk is afgehandel en die telbord bewys dit nie. Dit help ook nie om te kla nie. Nou moet aanbeweeg word van “sukses na ware betekenis”. Dit beteken denkskuiwe om anders na die wêreld te kyk. “In die tweede helfte word ons deur ’n voorry gesteun wat sterk genoeg is om sy man te staan. Dié helfte gaan gepaard met voedselsekerheid-risiko’s, waterskaarsheid en swak infrastruktuur.

Voeg daarby vyf ou teenstanders, naamlik armoede, werkloosheid, gebrek aan behuising en dienslewering, asook ’n swak ekonomiese groeikoers, en die tweede helfte lyk na ’n totale ander spel,” het hy gesê. Swart meen die sleutel tot ’n suksesvolle tweede helfte is nie net ’n verandering van taak of fokus nie.

Dit verg ’n verandering van siening, ’n verandering in die manier waarop na probleme gekyk word en veral die etiese optredes wat geopenbaar word. Dit is duidelik dat die landbou ’n kenmerkende bydrae lewer op talle terreine. ’n Studie deur die Wêreldbank wys dit duidelik dat in China, byvoorbeeld, die groeipotensiaal wat uit die landbou stem, 3,5 keer doeltreffender is om armoede te verminder as in enige ander sektor.

Daarom is aspekte soos grondhervorming wat nie afgehandel is nie, arbeidswetgewing wat die landbou versmoor en politici wat die landbou as speelbal gebruik, ’n groot frustrasie en bekommernis.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Pieter

2012/07/28 04:40:09 PM

Ja swaer,ons moet kalm bly en weet God is in beheer !

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights