Deur ALANI JANEKE
28 September 2011

1028 keer gelees | 1 kommentaar

Suid-Afrika kan moontlik eers oor vier jaar sy bek-en-klouseer-vrye status terugkry as sake nie binnekort verander nie.


Suid-Afrika kan moontlik eers oor vier jaar sy bek-en-klouseer-vrye status terugkry as sake nie binnekort verander nie, sê die Rooivleisbedryfsforum.

Die Nasionale Landboubemarkingsraad het onlangs volgens hul berekeninge voorspel dat die verbod Suid-Afrika se totale veebedryf sowat R2 miljard per jaar kan laat inboet. 

Die tydperk word op vier jaar geskat, aangesien die formele proses van die Wêreldgesondheidsorganisasie – wat sowat twee jaar lank duur – eers in werking sal tree nadat die Staat klaar al die nodige stappe gedoen het.

Een van die hoofredes waaraan die uitbreking glo toegeskryf kan word, is die verval van die land se grensdrade tussen Mosambiek en die noorde van KwaZulu-Natal.

Mnr. Simon Streicher, die hoof uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, sê voor die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye dus nie gesorg het dat die land se grensdrade in orde is nie, sal die twee jaar lange internasionale proses nie kan begin nie.

Regsaksie

Volgens mnr. Dave Ford, hoofbestuurder van die Rooivleisbedryfsforum, het die forum weens die staat se sloering met die uitsortering van die Suid-Afrika se status ’n dokument van 40 bladsye aan die portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye voorgelê.

“Die komitee het me. Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, en die departement 21 werksdae gegee om op die dokument en die kwessies te reageer. As ons geen reaksie kry nie, of die reaksie is nie na wens nie, sal die forum verdere stappe oorweeg,” het Ford gesê.

Die voorlegging is op 13 September 2011 gedoen.

Kwessies
Benewens die verlies van Suid-Afrika se uitvoerstatus en die staat se sloering met die herinstelling daarvan, het die forum nog sewe kwessies aan die komitee voorgelê.

Die kwessies sluit in die mislukking van die hantering van registrasie van slagplase, ’n onafhanklike vleisinspeksiediens, die implementering van die Wet op Dieresiektes, die formalisering van Suid-Afrika se invoerbeleid met ander Afrikalande, die bespreking van die voorgestelde kunsmis- en voerwetsvoorstel en die Namibiese Kleinvee-uitvoerskema in.

Volgens Ford het die forum hulle na die komitee gewend om hulp ná verskeie versoeke vir bespreking en hantering van dié kwessies aan die departement en die minister op dowe ore geval het.

“Die departement misluk ten opsigte van steun aan die rooivleisbedryf, wat verreweg die grootste landboubedryf in Suid-Afrika is. Die bogenoemde kwessies is van ’n ernstige aard en dit het ’n direkte impak op die hele rooivleisbedryf en bedreig Suid-Afrika se voedselsekerheid as dit nie aangepak word nie,” lui die dokument.

’n Kopie van die dokument is onder aan die berig aangeheg.

28 September 2011


Aanhangsels:
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Verwarde Melkboer

2011/09/29 09:53:34 PM

LBW gaan tog na of Mnr Ford se feite reg is. Ek het altyd gedink die hoender- en melk- bedrywe is groter as die rooivleisbedryf. Ons wil tog nie hê hierdie rooivleisforum moet met rooi gesigte voor die minister staan weens foutiewe feite nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights