2 Julie 2012

397 keer gelees | 1 kommentaar

Kaapstad sal in November vanjaar die wêreld se suiwelbedryf verwelkom vir die Internasionale Suiwelfederasie se Wêreldberaad.


Die diversiteit van Suid-Afrika en die verskillende klimaatstoestande waarbinne Suid-Afrikaanse boere melk moet produseer, vorm deel van die Internasionale Suiwelfederasie se wêreldberaad wat in die land aangebied gaan word. Die beraad vind van 3 tot 9 November vanjaar in Kaapstad plaas.
 
Luidens ’n verklaring is die tema van die kongres “Die wêreld in een land”. Volgens die organiseerders gee die verskillende klimaatstoestande in Suid-Afrika aanleiding tot ’n wye verskeidenheid melkproduksiemetodes wat deur boere gebruik word. Die plaaslike mark moet ook ’n wye verskeidenheid produkte beskikbaar stel aan verbruikers wat suiwelprodukte in of Spaza-winkeltjies of groot supermarkte koop.

“Die geleentheid sal die ideale platform wees vir Suid-Afrika, ’n ontwikkelende ekonomie, om te demonstreer dat dit in staat is om met suiwelbedrywe in ontwikkelde lande mee te ding,” lui die verklaring.

Nuwe toevoeging
’n Nuwe toevoeging tot die beraad sal ’n kongres oor suiwel in ontluikende ekonomieë wees. Dit sal fokus op die ekonomies-maatskaplike voordele van die suiwelbedryf vir produsente, verwerkers en die gemeenskap as geheel.

Nóg ’n belangrike hoogtepunt is die proteïengehalte-beraad. Dié sessie sal fokus op die ontwikkeling in die veld van suiwelproteïen, ontledingsmetodes en die ontwikkeling van terapeutiese voedingsbeleide.

“Kenners in die veld sal ook die jongste navorsing wat in ontwikkelende lande onderneem is - wat die doeltreffendheid van suiwelproteïen vir die gesondheid van kinders onder twee, swanger vroue, vroue wat borsvoed en mense wat met MIV leef bewys - toelig.”

’n Konferensie oor dieregesondheid en die welstand van diere, met ’n spesifieke fokus op die interaksie tussen wilde diere en vee, sal aangebied word. Dié konferensie sal nuwe kwessies, wat uit dié daaglikse interaksie ontstaan, probeer aanpak.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


anoniem

2012/07/02 07:24:05 PM

dairy bell gaan seker borg vandaar die prysverlagings

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights