Deur ALANI JANEKE
8 Junie 2012

1767 keer gelees | 1 kommentaar

Die kwessie van grondhervorming en 'n saamwerkende verhouding tussen kommersiële en kleinboere is in Italië bespreek, sê Agri SA.


Luidens ‘n verklaring sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, verskeie afgevaardigdes van landbou-organisasie en boere uit Afrika lande het sy organisasie se siening oor volhoubare grondhervorming gesteun. Dié siening is tydens ‘n vergadering van die Wêreld Boere-organisasie (WFO)  in Rome gedeel.

Möller het aangedui dat aspekte soos produksiebeplanning, die kollektiewe verkryging van produksiemiddele, die beskikbaarstelling van toerusting en bemarking van dié items is wat in ‘n model vir grondhervorming vervat behoort te word. “Dit is nie bloot net ‘n mentorskap-verhouding nie, maar in wese ‘n sake-verhouding.”

Doelwit om grootskaalse boere te word
Mnr. Nduati Kariuki, verteenwoordiger vir die nasionale federasie van landbouprodusente in Kenia het in reaksie op Möller se toespraak aangedui dat die kontinent se regerings en betrokke instansies moet besef dat boere in Afrika graag suksesvolle grootskaalse kommersiële produsente wil word.

"Die fokus moet dus verskuif van die handhawing van 'n bedeling van kleinskaalse produsente tot bemagtiging van boere om doeltreffende deelnemers in die kommersiële waardeketting te word,” aldus Kariuki.

Möller sê dit is duidelik dat die vaardighede van ‘n groot aantal gevestigde kommersiële boere ‘n bate vir Suid-Afrika is, en dus ook vir die landbou in Afrika kan wees.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Annette

2012/06/09 07:22:47 AM

Dit is mos hoe 'n boer moet praat, terwyl die regering nog stry oor hoeveel grond oorgedra is, is die boere besig om swart boere op te lei.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights