Deur ALANI JANEKE
21 Augustus 2012

2925 keer gelees | 6 kommentaar

Hierdie winter is een van die koudstes wat Suid-Afrika in jare ervaar het, sê mnr. Johan van den Berg.


Vanjaar se winter sal deur baie mense onthou word as die eerste jaar wat sneeu op dieselfde dag in al nege provinsies geval het.

Mnr. Kobus Botha, klimatoloog van Kobus Botha Weather, sê “in menseheugenis en volgens al die aangetekende data wat ons het, is so ’n gebeurtenis nog nooit vantevore aangeteken nie.”

Botha sê nóg ’n uitsonderlike gebeurtenis wat op dié dag (7 Augustus) plaasgevind het, is dat ’n nuwe MSG-3-weersatelliet, die Eumetsat, wat twee maande tevore die lug ingestuur is, begin foto’s neem het. “En interessant genoeg die eerste satellietfoto wat dit om 12:15 op dié dag geneem het, was ’n foto van die sneeu wat regoor die land geval het.”

Koudste in jare
Mnr. Johan van der Berg, klimatoloog verbonde aan Santam Agri, sê hierdie winter is een van die koudstes wat die land in jare beleef het. Hy sê koue dagtemperature en vogtige toestande het die seisoen gekenmerk.

Gedurende vorige winters was die dagtemperature warm, terwyl dit in die nagte kouer geword het. “Vanjaar het frontale stelsels so gereeld deur die land beweeg dat die dagtemperature ook koud was. Daar was al om die derde of vyfde dag ’n koue front. Die gereelde sneeuneerslae was ook ’n aanduiding dat toestande vogtig was,” verduidelik Van der Berg.

Hy sê die sneeuneerslae het die grondvogvlakke oor groot dele van die land verbeter. “Sneeu het ’n bevoordeel grondvog, want soos wat dit stadig smelt, sak die water stadig in die grond in.”

 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


susara herbst

2012/08/21 07:26:19 PM

Hierdie winter is beslis vir my die koudste. Ek sien dit in my tuin. Ek sienm dit in die natuur en ek voel dit aan my lyf. Ek het n hele paar plante as gevolg van die koue verloor. Susara


Kobus Botha

2012/08/22 06:30:18 AM

Hier is die aangehegte foto in vol resolusie. Dit is baie groot-maar baie indrukwekkend. My webblad het reeds volle toegang en 'n lisensie wanneeer hierdie foto na verwagting oor vier maande ten volle in werking kom. http://www.eumetsat.int/groups/cps/documents/image/img_msg3_firstimage_120807.jpg Kobus Botha Kobus Botha Weather


coen klopper

2012/08/22 09:50:48 PM

Dit was nie so koud met die sneeu ! Miskien die warmste winter met sneeu maar koud ? Ek weet van min ryp hier in Gauteng asook op die springbok vlakte.


Rikus

2012/08/24 10:53:19 AM

Ek stem ook nie heeltemaal saam nie. Daar was miskien enkele koue dae (soos die sneeu week) maar ek monitor 'n weerstasie baie noukeurig in die KZN middelande en dis baie duidelik 'n veel warmer winter as verlede jaar. Minimum, maksimum en gemiddelde temperature was vir Mei, Junie en Julie amper 2-3 C meer as verlede jaar in die ooreenstemmende maande.


Giepie

2012/08/24 10:47:29 PM

Dit was verseker hier in die Noord-Wes Kaap kouer as wat ek nog ooit kon onthou. Ons het nie enige warm dae in die winter beleef soos wat ons gewoond was nie.


Etienne

2012/08/27 03:08:58 PM

Ek is ook nie van mening dat dit regoor die land die koudste winter was nie. Ek betwyfel nie dat sekere streke dit wel die geval was nie. Ek is in die Cullinan streek en dit was nie die geval in die omgewings nie. Ek stem wel saam met die vogtigheid inhoud.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights